Kamp in die somer stel selde teleur, maar ʼn paar ongenooide gaste sorg wel soms dat ons na ʼn paar dae effens moedeloos raak. Ek het bietjie gaan rondsnuffel om uit te vind hoe jy lastige insekbyte en algemene kampkwale kan klop sonder om op pille en salf staat te maak!

1. Weer muskiete af: Snaaks genoeg het ek gehoor dat Listerine die muskiete om jou tent sal wegjaag. Gooi ʼn bietjie Listerine in ʼn waterspuitbottel en spuit dit op die oppervlakke om jou kampterrein.

2. Muskietbyte: Die selfdoen-kure vir muskietbyte is legio, maar een van die beproefde wenke wat ek wil uitlig, is ʼn konkoksie van Vaseline en koeksoda. Nadat ek een somervakansie in die Tsitsikamma vergeet het om muskietafweermiddel aan te smeer en daarna byna soos ʼn kameelperd met rooi vlekke gelyk het, het die plaaslike werkers my verseker dat dié mengsel sal help. Smeer dit aan jou muskietbyte en die rooi en jeuk sal binne ʼn japtrap verminder!

3. Versorg vlooibyte: Gooi teeboom-oile en water (verhouding 1:2) in ʼn spuitbottel en wend dit op jou vlooibyte aan. Só kan jy die gejeuk verwyder!

4. Weg met miere: Babapoeier, kaneel en rooipeper is maar enkele middels waarmee jy vir miere ʼn streep kan trek (letterlik en figuurlik!) – gooi dit al om jou kampkombuisoppervlak om miere af te weer. Asyn en warm water help ook om dié lastige besoekers te verwyder.

5. Verteer vet vinniger: Kampkos is altyd smullekker, maar te veel biltong, droëwors, braaivleis en ander vetterige kos kan vinnig jou cholesterolvlak verhoog. Maak die mengsel hieronder aan en drink 2 tot 3 eetlepels vol elke oggend op jou leë maag. Vermy vir ‘n uur daarna enige drink- of eetgoed. Let wel, jy sal ʼn versapper nodig hê, so maak sommer die mengsel by die huis en pak dit iewers tussen jou bagasie in wanneer jy gaan kamp:

1 (een) koppie vars knoffelsap (versap die knoffel met ʼn versapper)
1 (een) koppie appelasyn
1 (een) koppie vars suurlemoensap (druk vars suurlemoene uit)
1 (een) koppie vars gemmersap (versap vars gemmer met versapper)

6. Stop spysverteringsprobleme: Meng ʼn ¼ teelepel koeksoda in ʼn halwe glas water of drink ment-tee om sooibrand of ʼn opgeblaasde gevoel in ʼn kits te verminder.

7. Klop hoofpyn: Week jou voete vir ʼn halfuur in ʼn bak warm water met mosterdpoeier om jou vaskulêre hoofpyn te klop.

8. Hokaai hooikoors: Meer heuning, soetrissies en brandrissies, chamomile tee, knoffel en uie as deel van jou dieet verminder die kans dat jy ʼn slagoffer van dié lastige kwaal sal word. Smeer Vaseline binne en rondom jou neusgate as jy reeds die simptome het.

9. Blus jou brandwond: Laventelolie, tandepasta en melk is almal beproefde middels om die branderige en jeukerige pyn van jou brandwond te verlig.

10. Droë lippe: Meng 2 teelepels suiker en 1 teelepel heuning en smeer die oplossing op jou droë lippe (los vir paar minute). Só kry jy in die droë somers jou gladde en glinsterende glimlag terug!

Dink volgende keer mooi as jy jou medisynekissie vir ʼn kampvakansie pak – dié kitskure werk dalk vinniger en beter as salf en pilletjies wat jy ten duurste by die apteek sou koop. Let wel, ons kan nie belowe dat dié kure 100% flatervry is nie, maar ons wil graag hoor of dit vir jou gewerk het en of jy van ʼn beter kuur weet. Probeer hulle as jy dié somervakansie aan ʼn kampkwaal ly! Kliek hier vir nog nuttige selfdoen-kampwenke en ʼn lekke onthoulysie vir jou kamptoerusting.

Kies jou kampplek!

Ons het sommer ʼn lekke lys van kampplekke saamgestel wat op LekkeSlaap voorkom sodat jy gou nog kan bespreek voor dit te laat is:

KwaZulu-Natal:

– Palm Tree Lodge, Kosi Baai 

Rocky Bay Resorts Caravan Park, Park Rynie

Limpopo:

– Magoebaskloof Getaway,  Tzaneen

– Magoebaskloof Ruskamp The Mountain Lodge, Tzaneen

– Silver Rocks Caravan Park, Modimolle

– Thakadu Wilds Lodge, Naboomspruit

Mpumalanga:

Kiaat Karavaanpark, Hazyview

Sabie River Camp, Sabie

Noord-Kaap:

 Broadwater River Estate, Douglas

 Jakkalswater Gaste Plaas, Springbok

 Verbe Caravan Park and Farm Accommodation, Kammieskroon

Noordwes:

– Houtbosdorp, Harbeespoort

– Rametsi Eco Game Farm, Swartruggens

– Shangrila Innibos, Hartebeespoortdam

Oos-Kaap:

Fijnbosch Camping, Joubertina

– Nieshoutkloof Camping, Kirkwood

– Palm Springs Resort, Kid’s Beach, Oos-Londen

Zonnenstrahl Caravan Park, Nieu Bethesda

Vrystaat:

– Aanleg Park, Frankfort

Arpa Guest Farm, Fouriesburg

Wes-Kaap:

– African Game Lodge, Montagu

– Biesievlak Cottage and Camp, Citrusdal

– Harkerville Forest Lodge, Plettenbergbaai

– Grootfontein Camping Villages, Citrusdal