Verified Reviews
Ballito
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Ballito
Rated 4.7 out of 5 based on 547 reviews.
"Great place to spend some time, enjoyed walking on the boardwalk, good restuarants and lovely beaches."
"Ballito het baie mooi skoon strande en meeste is troeteldiervriendelik. Jy kan redelik ver gaan stap en die see geniet. Heerlike restaurante en verskeidenheid winkels. Baie van die natuur om te geniet in Ballito."
"Sal weer Ballito besoek vir 'n see-vakansie. Die dorp en strande word pragtig skoon gehou. Langs die loopweg is daar is orals houers met sakkies geplaas vir honde-gemors en dit word gebruik. Daar is 'n dame wat elke oggend die vuilgoed optel op die strand en sy vervang die asbliksakke al langs die paadjie. Daar is 'n groot winkelsentrum met al die winkels wat ons nodig gehad het. Sal volgende keer verken - hierdie keer het ons net gestoel!"
"'n Absolute juweel van ons hele land! Dit is 'n fees om daar te beweeg - veilig, skoon, winkels en restaurante wat aan alle behoeftes voorsien. Veilige, skoon strand, sigbare personeel van NSRI. Wat 'n fees om Ballito in ons eie land te hê!"
"Ballito is amazing place, has very beautiful beaches with tidal pools incase the waves are aggressive. You can still enjoy a swim in a tidal pool right there on the beach."
"Dis 'n heerlike vakansie atmosfeer met soveel lekker plekkies en markte en goedjies in die omgewing. Lekker wegbreeknaweek gewees."
"Lovely town, we built great memories as a family. Thank you Ballito for treating us well."
"Die eerste naweek was verskrilklik met dronk mense wat oral rommel los en dit aaklig maak om Clarke Bay en Salmon Bay te stap, en dit is elke keer die geval as dit naweek of langnaweke is. Ons het in die plaaslike koerant gelees dat die Burgermeester almal se klagtes ernstig opgeneem het en die strande van beide kante met polisieëring te bewaak en alle vakansiegangers se sakke deur te gaan voor hulle op die strand of walkway gaan. Ons het dit elke dag vanaf Hops en die Galley dopgehou en die polisie en gemeenskap het hulle uitstekend van hul taak gekwyt en almal het beskaafd en rustig opgetree. As dit so aangaan sal baie meer mense hier kom vakansie hou."
"Lekker plek om te gaan rus, strande is skoon, mense is baie vriendelik en is beslis veilig om te stap. "