Verified Reviews
Beaufort West
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Beaufort West
Rated 4 out of 5 based on 1365 reviews.
"Met my terugkeer Kaap toe vanaf Parys, het ek dit oorweeg om 'n ekstra dag in BFW deur te bring om die museums en ander besienswaardighede te besoek. Aangesien dit winter is, het ek daarteen besluit en wil dit definitief in Januarie doen wanneer ek weereens by Grace's Place wil oornag. Ek dink besoekes weet nie van al die besienswaardighede nie, want BFW word nie sodanig bemark nie."
"As jy van die Karoo hou, sal jy van Beaufort-Wes hou. Dit bly 'n unieke Karoo-baken, ryk aan geskiedenis en herinneringe."
"Die hoofstraat het 'n bietjie aandag nodig, maar so het al ons strate deesdae. Die werkloosheid kan gesien word aan die hoeveelheid mensies wat om almoese bedel. Die Spur se kelners is baie behulpsaam en vriendelik, asook die petroljoggies by Engen."
"Kan nie enige negatiewe terugvoering oor Beaufort-Wes gee oor dit wat ek gesien het van die dorp nie."
"Munisipaliteit moet sokkies optrek om nie by Wes-Kaap goeie standaarde af te steek nie!"
"Soos alle plattelandse stede is daar 'n tragiese agteruitgaan van 'n eens vooruitstrewende gemeenskap. Die paaie in die dorp laat veel te wense oor. Enige nalatenskap wat daar oor was is geskend. My hart is gebreek."
"Ons het ontbyt by 4 Sheep Restaurant die oggend geëet en was beïndruk met die flinke diens alhoewel dit beurtkrag was."