Geverifieerde Resensie
Bluewater Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Bluewater Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 65 resensies.
"Dit is 'n lieflike omgewing! Dis rustig met heelwat strande in die onmiddellike omgewing. Die klein winkelsentrum bied meer as genoeg vir wat mens benodig, met wegneemetes ook beskikbaar. Ongelukkig is daar geen restaurante in die omgewing nie. Ver genoeg uit die stad, maar baie naby daaraan. Verkeer is baie rustig, selfs vroegoggend. Indien mens van jou eie geselskap hou, is Bluewater Bay die antwoord."
"Die strand is skoon. Ons besoek was buite-seisoen en dit was baie stil. Verkies meer lewe op die stand. "
"Lekker naby aan Port Elizabeth en Uitenhage vir besienswaardighede en ander strande."