Geverifieerde Resensie
Boland
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Boland bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3500 resensies.
"Paarl is 'n baie mooi gedeelte van die moederstad, Kaapstad. Baie naby aan enige gedeelte om besoek af te lê, byvoorbeeld die wynroete."
"Stil en rustige dorpie in die hart van die Wynlande. Besienswaardighede en besoekplekke te veel vir net 5 dae."
"Die Breë Riviervallei met al die wingerde en wynkelders is 'n fees om te sien. Worcester is so sentraal geleë en dus ideaal vir besoeke aan die omgewing en ander dorpe. Met sy groot winkelsentrum is daar oorgenoeg fasiliteite vir inkopies. "
"Paarl is 'n pragtige plek en soveel wat gesien en gedoen kan word om enige persoon se nuuskierigheid te prikkel."
"Verkeer is iets om te ervaar, spitstyd begin teen omtrent 15:00. Mense is baie beleef en versigtig."
"Besonderse omgewing met 'n ryk geskiedenis. Begroot meer tyd om die dorp en omgewing te beleef, jy sal nie spyt wees nie."
"Klein, maar besig. Vriendelike mense. Baie polisie teenwoordigheid. Interessante museum."
"Tulbagh is geleë tussen die berge met pragtige wit geboue omtrent 130 kilometer van Kaapstad. Op 29 September 1969 het 'n aardbewing baie skade verrig en dit het gely tot groot restourasie. Daar is verskeie wynplase, eetplekke en museums om te gaan besoek. "
"Convention location, near the beach and other tourist attractions. Quite safe too."