Verified Reviews
Boland
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Boland
Rated 4.6 out of 5 based on 3526 reviews.
"Stellenbosch bly maar 'n mooi dorp in Suid-Afrika, en die rustigheid van die wynplase is beslis iets wat 'n mens 'n paar maal in jou lewe moet beleef."
"Ons was baie beïndruk met die algehele skoonheid. Wonderlike restaurante in Riebeek-Kasteel. "
"Pragtige dorpie met museums wat goed onderhou word en gesellige restaurantjies."
"Ongelukkig het ons by die strand gesien hoe mense gearresteer word vir perlemoen stropery. Daardie nag was daar ook 'n inwoner in die woonstelblok geroof. Dit was so bietjie onstellend. Andersins was die strand pragtig, dalk nie genoeg goeie restaurante nie. Die een restaurant wat oor die see is, was baie teleurstellend. "
"Vir iemand wat dalk 'n stad met baie mense verkies vir vakansie, sal dit seker goed wees. As jy stilte en rus en vrede soek, hierdie plek is baie bedrywig met baie mense en lawaai."
"Die Paarl Vallei is pragtig. Daar is hordes wyn plase, party binne in die dorp. Die taal monument en De Villiers (DV) sjokolade is die moeite werd om te besoek."
"Greyton is n pragtige dorpie om te verken. As jy nodig het om weg te kom uit die stad is dit die ideale plek om te besoek."
"Ongelooflik mooi en die hotel maak die lekkerste pizzas en het selfs vir my troeteldier bak met water gebring!"
"Riebeeck-Wes: Baie oulike plek - kan sien dat daar gewoel en gewerskaf word. Heerlike gemeenskap en 'n lewendige atmosfeer. Sal beslis weer soontoe gaan. Lieflike omgewing, vol interessante stories. "
"Dit is sentraal geleë met besienswaardighede wat naby geleë is. Die arbei plaas is 'n aanbeveling."
"I love Worcester, the old historic buildings is amazing and the distance to the mall worked for us."
"As Bolandse dorp is Wellington die middelpunt, om die res van die Bolandse dorpe te verken! Onvergeetbare ervaring!"
"Net 'n voorstel oor die eenheid, miskien 'n goeie idee om "window filming" aan die onderste gedeelte van die venters te sit vir meer privaatheid en dit sal die eenheid heelwat koeler maak."
"Dis pragtig vir 'n oornagplek, maar daar is niks meer om te doen as om net die stilte te geniet nie en dit kan dalk uitdagend wees met tieners. "
"Klapmuts is lekker sentraal geleë, maar is ver genoeg van die stad af dat n mens weg is van die geraas en gejaag. "
"Daar is 'n uitstekende mikro-bierbrouery, "Bergrivier", wat ek altyd graag besoek. Die Paarl raak net baie besig en die Mall pas net glad nie in nie, maar ek vermy dit maar net. Die Taalmonument is altyd 'n plesier om te besoek en ek beveel dit sterk vir almal aan."
"Klapmuts is huis vir 'n hele klompie top wynplase, pragtig."
"Verkeerde naweek van die jaar. Kan nie in dorp beweeg nie, voel onveilig. Alle nywerhede, bouers, ens. sluit en plaaswerkers almal in dorp vir inkopies. Meer besope mense in dorp as nugter! Dis jammer."