Geverifieerde Resensie
Boland
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Boland bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3581 resensies.
"Loved the atmosphere and hospitality spirit of the people and places in Paarl."
"Mooie interessante en veilige bestemming. Veel historie. Beeldmooie wijnhuizen in prachtige omgeving. Goede shoppingmall. Fietsroute via Adventureshop geweldig."
"Dis 'n redelike klein dorpie, so daar is nie baie om te doen na besigheidsure nie. Die meeste wynplase maak ook 14:00 se kant toe op Saterdae."
"Dit is aanbeveelbaar om so veel moontlik te stap aangesien parkeerplek skaars is."
"Baie mooi en rustig en tog binne redelike ryafstand vanaf Kaapstad met sy besienswaardighede."
"Bietjie verwaarloosde dorpie, maar met 'n baie lekker hotel wat 'n uitstekende restaurant het."
"Great little place with heart and soul, I will definitely be back! Kind locals who are proud of their town and always happy to share their knowledge. A nice mix of stores and places to eat and drink. And beautiful scenery all around. "
"Van die beste restourante in die wêreld. Ons het vir die week by die universiteit se gimnasium aangesluit vir R200 en heerlik geoefen."
"Stellenbosch bly maar 'n mooi dorp in Suid-Afrika, en die rustigheid van die wynplase is beslis iets wat 'n mens 'n paar maal in jou lewe moet beleef."
"Ons was baie beïndruk met die algehele skoonheid. Wonderlike restaurante in Riebeek-Kasteel. "
"Pragtige dorpie met museums wat goed onderhou word en gesellige restaurantjies."
"Ongelukkig het ons by die strand gesien hoe mense gearresteer word vir perlemoen stropery. Daardie nag was daar ook 'n inwoner in die woonstelblok geroof. Dit was so bietjie onstellend. Andersins was die strand pragtig, dalk nie genoeg goeie restaurante nie. Die een restaurant wat oor die see is, was baie teleurstellend. "