Geverifieerde Resensie
Border Area
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Border Area bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 931 resensies.
"Ek sal volgende keer 'n dag langer bly a.g.v. puik ligging en beslis my visstokke saambring."
"Wees baie versigtig om a bootrit op die rivier by Offshore Africa te bespreek - hul besprekingsisteem is nie van die beste nie en hul kanselleer op kort kennisgewing as jy nie deel is van 'n groot groep nie. "
"Baie rustige area. Ek het nie een keer onveilig gevoel nie. Sal graag in die toekoms weer gaan."
"Ons is baie mal oor Gonubie en bly gereeld daar oor op pad Kaap toe. Het al per geleentheid langer ook gebly en die omliggende omgewing verken."
"Sou nie regtig daar kan swem nie, teveel rotse op die strand. Moet na ander strande ry."
"'n Moet... Dit is vir enigiemand met 'n voertuig wat die grondpad kan aandurf! Nie noodwendig 4x4 nie. "
"Die winkel in Haga-Haga kan beter ingerig word met meer en 'n groter verskeidenheid voorraad. Dit beskik net oor die basiese en sal onvoldoende wees vir toekomstige besoekers wat hier besoek as 'n selfsorggroep. Veral as 'n mens wil braai, want daar is geen ander winkels beskikbaar in die omgewing as jy iets nodig het nie. Die plek is meer vir rustige besoekers en vissermanne wat daar kom kuier. "
"The roads in the CBD need to be improved, as well as driving in general. "
"Ideaal vir natuurliefhebbers met staproetes en bergpasse vir 4x4 en motorfiets entoesiaste. Besoek die kunsplekke en kwekery om meer van Rhodes se gasvryheid te ervaar."
"Baie jammer die hotel is toe, maar die ander mense wat ons daar ontmoet het, was baie aangenaam! "
"Ons is mal oor Gonubie. Ons het vir 'n ruk daar gebly en sal vir enige iemand aanbeveel om daar te gaan kuier."
"Security, security and security. I hope next time I visit the road construction will be done."
"Cintsa is die perfekte dorpie as jy wil ontsnap van die stadsomgewing. Dit is 'n beeldskone omgewing, met kilometers se strande wat smeek om op geloop te word. Die dorpie is bitter klein, met slegs die nodige geriewe. Daar is nie veel om te doen behalwe te rus en die natuur te geniet nie - droomvakansie!"
"Die geriewe is skoon en pragtig geleë. Die ontbyt wat voorgesit word is uit die boonste rakke en ek dink beter as wat mens by ander plekke kry. Dit is beter as vyfster. Was al drie keer daar en geniet dit elke keer meer. Word ten sterkste aanbeveel. "
"Tifindale definitief 'n plek om te besoek in die Winter. Jou ryding moet net reg wees!"
"Glengariff is a quiet, secluded venue. We had a few young family members over for a braai, and my main concern was the noise level, they did not play loud music, but they were loud in speech. I felt uncomfortable as I felt we were disturbing the peace. So it is not a place for rowdy or loud people. It is a place for a family with young children who go to bed early."
"Nie een van ons gunsteling plekke nie, maar Blues gastehuis het opgemaak daarvoor, uitstekende ligging by die riviermond, en see-uitsig."