Geverifieerde Resensie

Border Area

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Border Area bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 931 resensies.

Rhodes, Grens Area

Rhodes Cottages- Cyriacus

"Rhodes moet deel vorm van elkeen se bucketlist! Rubicon se restuarant en gasvryheid, toeka restaurant en craft beer is 'n moet vir almal! Definitief weer deel wees van ons vakansieplanne! "

Gonubie, Grens Area

Chanteclear

"Pragtige kusdorpie met mooi skoon strand! "

Gonubie, Grens Area

South 2 Sea Gonubie

"Die gebied rondom die reviermond is goed ontwikkel vir vakansiebedrywighede, restaurante, stappaaie en parkeerplek. Die res van die kus is rotsagtig met beperkte toegang tot die see behalwe waar daar getypoele gebou is."

Rhodes, Grens Area

Kinmel Guest Farm

"Die mense is baie vriendlik en behulpsaam. Ons het in die winter gaan kuier, maar ek dink die somer sal die beste tyd wees. Daar was 'n paar families van die Wes Rand in Johannesburg, wat 'n huis in Rhodes gehuur het vir 'n paar dae. Hulle sê die kinders geniet dit daar. Die dame by Walkabouts was so gesellig en vriendelik. Hulle pizza is yummy! "

Gonubie, Grens Area

Chanteclear

"MOOI SKOON EN SAL LEKKER VAKANSIE DAAR KAN HOU."

Gonubie, Grens Area

Crowned Crane B&B and Self Catering

"Ons sien hulle is besig met die opgradering van die paaie en plek."

Grens Area

Intaba Lodge

"Interessante plekke en geskiedenis."

Rhodes, Grens Area

Kinmel Guest Farm

"Rhodes is a quaint historical town in a beautiful setting. It is just a bit sad that there are several houses for sale and some look quite run down. The residents seem to be trying to make improvements as they have developed a lovely park area and I would hope that others would catch their vision. One of those must see places. "

Gonubie, Grens Area

111 Rose and Ale

"Vergelyk goed met ander kusdorpbestemmings."

Bunckersheuwel, Grens Area

See More Guest House

"Bunckersheuwel is naby die golfbaan, winkelsentrum in die nabygeleë Vincent area asook Nahoonstrand met sy uitgestrekte strand en oulike koffiewinkeltjies, wat maak dat 'n mens nie ver hoef te ry om by 'n vorm van afleiding te kan uitkom nie. Dit is ook 'n rustige en skoon deel van die stad wat meer 'n plattelandse gevoel gee as jy daar is."

Gonubie, Grens Area

Chanteclear

"Gonubie is 'n mooi en skoon plek. Ek het die gebied baie rustig gevind."

Gonubie, Grens Area

111 Rose and Ale

"Ons sal enige tyd weer Gonubie toe gaan. Dit was vir ons 'n tydjie wat ons nie maklik sal vergeet nie."

Kidd's Beach, Grens Area

Coelacanth Guest House

"Awesome! Het baie veilig gevoel daar. Het opgemerk dat daar geen diefwering op die huise was nie."

Maclear, Grens Area

Maclear Manor

"Pragtige omgewing en van die mooiste bergpasse in SA. "

Gonubie, Grens Area

111 Rose and Ale

"Gonubie het 'n heerlike strand en dit is 'n lekker plek vir kinders om te baljaar in die lagoon."

Oos-Londen, Grens Area

Blues at Bonza Bay Beach

"Beautiful clean place, friendly people!"

Gonubie, Grens Area

Chanteclear

"Gonubie is 'n groot geheim - dit is by ver een van die mooiste see-plekke in Suid-Afrika, maar sonder die maal en malheid van die Suidkus en ander gewilde seevakansie-plekke. Ons sal weer gaan!"

Rhodes, Grens Area

Amanzi Empilo Bungalow

"Verrassend mooi en besonder interessant. Die moeite werd om te gaan besoek."

Maclear, Grens Area

Oak Lane Bed & Breakfast

"Slaap oor op 'n gasteplaas soos Fairbairn en sien al die pragtige natuur soos die Tsitsavalle."

Gonubie, Grens Area

111 Rose and Ale

"Enige toeris se droombestemming. "

Rhodes, Grens Area

Walkerbouts Inn - Rhodes

"Pragtige plekkie! Die inwoners doen regtig moeite om dit te bemark."

Gonubie, Grens Area

The Birdhouse

"Gonubie is regtig 'n ou juweeltjie van 'n dorp. Lekke man lekke!"

Gonubie, Grens Area

111 Rose and Ale

"Heerlike rustige plekkie en sal definitief weer daar wil gaan kuier. Lekker kuiertyd by die hotel op Saterdagaande en daar is tot helikopter-landingstrook. Wandelpaaie goed onderhou. Sal dit selfs oorweeg as aftree dorp."

Oos-Londen, Grens Area

Kiepersol

"Fantastiese vakansiebestemming, heerlike strande. Veral Nahoon Beach is 'n lekker swemstrand. Fantastiese winkelsentrums soos Beacon Bay Retail Park, Hemingsway Mall en nog vele meer."

Rhodes, Grens Area

Amanzi Empilo Bungalow

"Die man by die inligtingsentrum het soveel waardevolle inligting gegee wat beslis bygedra het dat ons Rhodes en die omgewing ten volle kon ontdek. "

Gonubie, Grens Area

Crowned Crane B&B and Self Catering

"Gonubie is baie mooi en ons sal dit beslis aanbeveel vir enige reisiger."

Blad
Blad 29 - Wys 841 tot 870
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang