Geverifieerde Resensie

Border Area

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Border Area bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 942 resensies.

Bunckersheuwel, Grens Area

See More Guest House

"Bunckersheuwel is naby die golfbaan, winkelsentrum in die nabygeleë Vincent area asook Nahoonstrand met sy uitgestrekte strand en oulike koffiewinkeltjies, wat maak dat 'n mens nie ver hoef te ry om by 'n vorm van afleiding te kan uitkom nie. Dit is ook 'n rustige en skoon deel van die stad wat meer 'n plattelandse gevoel gee as jy daar is."

Gonubie, Grens Area

Chanteclear

"Gonubie is 'n mooi en skoon plek. Ek het die gebied baie rustig gevind."

Gonubie, Grens Area

111 Rose and Ale

"Ons sal enige tyd weer Gonubie toe gaan. Dit was vir ons 'n tydjie wat ons nie maklik sal vergeet nie."

Kidd's Beach, Grens Area

Coelacanth Guest House

"Awesome! Het baie veilig gevoel daar. Het opgemerk dat daar geen diefwering op die huise was nie."

Maclear, Grens Area

Maclear Manor

"Pragtige omgewing en van die mooiste bergpasse in SA. "

Gonubie, Grens Area

111 Rose and Ale

"Gonubie het 'n heerlike strand en dit is 'n lekker plek vir kinders om te baljaar in die lagoon."

Gonubie, Grens Area

Chanteclear

"Gonubie is 'n groot geheim - dit is by ver een van die mooiste see-plekke in Suid-Afrika, maar sonder die maal en malheid van die Suidkus en ander gewilde seevakansie-plekke. Ons sal weer gaan!"

Rhodes, Grens Area

Amanzi Empilo Bungalow

"Verrassend mooi en besonder interessant. Die moeite werd om te gaan besoek."

Maclear, Grens Area

Oak Lane Bed & Breakfast

"Slaap oor op 'n gasteplaas soos Fairbairn en sien al die pragtige natuur soos die Tsitsavalle."

Gonubie, Grens Area

111 Rose and Ale

"Enige toeris se droombestemming. "

Rhodes, Grens Area

Walkerbouts Inn - Rhodes

"Pragtige plekkie! Die inwoners doen regtig moeite om dit te bemark."

Gonubie, Grens Area

The Birdhouse

"Gonubie is regtig 'n ou juweeltjie van 'n dorp. Lekke man lekke!"

Gonubie, Grens Area

111 Rose and Ale

"Heerlike rustige plekkie en sal definitief weer daar wil gaan kuier. Lekker kuiertyd by die hotel op Saterdagaande en daar is tot helikopter-landingstrook. Wandelpaaie goed onderhou. Sal dit selfs oorweeg as aftree dorp."

Oos-Londen, Grens Area

Kiepersol

"Fantastiese vakansiebestemming, heerlike strande. Veral Nahoon Beach is 'n lekker swemstrand. Fantastiese winkelsentrums soos Beacon Bay Retail Park, Hemingsway Mall en nog vele meer."

Rhodes, Grens Area

Amanzi Empilo Bungalow

"Die man by die inligtingsentrum het soveel waardevolle inligting gegee wat beslis bygedra het dat ons Rhodes en die omgewing ten volle kon ontdek. "

Gonubie, Grens Area

Crowned Crane B&B and Self Catering

"Gonubie is baie mooi en ons sal dit beslis aanbeveel vir enige reisiger."

Gonubie, Grens Area

Ocean Bed

"Have been pleasantly surprised by the area being self-sufficient in terms of restaurants, malls and outdoor entertainment on the edge of the ocean. "

Rhodes, Grens Area

Swallows Nest Chalet

"Pragtige omgewing. 'n Moet vir enige reisiger."

Gonubie, Grens Area

Chanteclear

"Really safe and walking distance from everything. Go and visit Heavenly pancakes, it is definitely a must for anybody visiting Gonubie."

Kidd's Beach, Grens Area

Breeze Inn Guesthouse

"Kidd's Beach is baie stil en rustig soos wat 'n vakansie moet wees, weg van al die gejaag en geraas."

Kidd's Beach, Grens Area

Coelacanth Guest House

"Baie lekker strand en eetplek in die dorp."

Gonubie, Grens Area

Chanteclear

"Lekker plek dié!"

Koffiebaai, Grens Area

Hole in the Wall Resort

"Ons sal weer kom met deeglike vooraf beplanning."

Chintsa (Cintsa), Grens Area

Schafli Manor

"Het aanvanklik net gesukkel om uit te werk hoe die eetplekke werk, maar as jy dit eers verstaan dan gaan dit sommer baie makliker. Het baie van die Village Bistro se kos en diens gehou. Dit is waarlik 'n heerlike plek om te kom afskakel en jou batterye te kom herlaai."

Gonubie, Grens Area

93 On Main

"Dis 'n pragtige, rustige dorpie en ideaal vir 'n wegbreek van die stad."

Chintsa (Cintsa), Grens Area

Schafli Manor

"Peaceful and not over developed, the perfect setting to relax. "

Blad
Blad 29 - Wys 841 tot 870
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang