Geverifieerde Resensie
Cape Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 1911 resensies.
"Prins Albert is 'n fees. Baie goeie restaurante - Jeremy's is ons gunsteling, baie interessante markies en natuurlik die indrukwekkende Swartbergpas."
"'n Lekker dorp met baie vriendelike mense met goeie kos en drank, maar hulle is rustig en doen dit op hulle tyd. Paulsen Slaghuis is 'n moet!"
"Net 1 restaurant was oop op die dorp. Geen winkeltjies wat aandenkings verkoop nie, behalwe die planetarium. Sutherland is 'n pragtige plekkie, maar 'n dooie dorp."
"Een dag is te kort om Prins Albert te besoek. Sal volgende keer langer kuier."
"Wat 'n ongelooflike dorpie. Ons het die planetarium besoek en die sterrekyk was besonders. Puik toerleier met baie kennis wat hy graag deel. Hier is nou 'n plek waar mens kan rus. Bly sommer 'n paar dae."
"Het Saterdagoggend die mark besoek. Egte plaasondervinding. Vriendelike, plat-op-die-aarde mense. Mal oor hierdie dorpie."
"Meer inligting gee oor sterrewag spesifiek die besoektye veral vir besoekers wat net 'n dag deurbring op die dorp. Inligting by gastehuise beskikbaar stel. Ons het die sterrewag gemis, was te laat."
"Wonderful town with loads to see and lots of learning opportunities. There are shops and petrol for restocking when on road trips."
"Good stopover point on my way to Cape Town. A lovely old town with lots of charm."
"Laingsburg is 'n pragtige dorpie en kort beslis 'n goeie restaurant vir mense wat net 'n aand uit wil geniet. Daar is tans geen restaurant op die dorp nie."
"Sutherland got into your hearts, the town needs overall upgrading. But we were informed of a couple of projects and will be returning to Sutherland to witness the opening of the Louw Museum and be part of the realization of projects related to the church."
"Merweville is nie vir almal nie, baie stil en rustige dorpie. As jy hou van stilte en rustigheid is dit ideaal. Dorpie is skoon en mense is baie vriendelik."