Verified Reviews
Cape Route 62
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cape Route 62
Rated 4.6 out of 5 based on 4931 reviews.
"Alles is maklik bykombaar. Gaan maak 'n draai by R62 diner en Eseltjiesrus Donkey Sanctuary by McGregor."
"Kookkursusse by The Real Food Company die moeite werd. Die Gin Bar ook 'n besoek werd. Die spookstoriewandeling was ook interessant. Guy se melkstal vir kase en joghurt. Museum vir self gestookte witblits."
"Daar was padwerke in die dorp wat dit bietjie moeilik gemaak het om rond te beweeg, maar ek glo as dit klaar is sal dit baie beter wees."
"Die perfekte dorpie vir die lekkerste kuier. Gaan eet gerus by The Mystic Tin; ek sal dit ten sterkste aanbeveel."
"Die hele dorpie het 'n wonderlike atmosfeer en die wynplase is great! Baie om ook in die omgewing te doen. "
"Ongelukkig was ons tyd te min om die dorp behoorlik te verken. Was verras met verskeidenheid van eetplekke die aand."
"Montagu self is 'n baie oulike klein dorpie met 'n paar kindervriendelike restaurante waar die kinders kan speel."
"Dis 'n mooi dorpie en baie rustig. Mense is vriendelik, maar die verblyf was glad nie aangenaam nie."
"Vreeslike mooi plek, ons het die feit dat dit meestal werkende wingerde is baie geniet (nie jou average toeristebestemming nie, nie soos wynplase in nabygeleë dorpe nie). Ons het altyd die Hexrivier vallei van 'n afstand af bewonder, of so in die verby ry via die N1, om daar te kon bly vir twee nagte was 'n lekker ervaring!"
"Presies soos ons 'n Karoo Dorp voorstel. Die Swartbergpas se natuuskoon is iets wat almal moet sien."
"De Rust is 'n pragtige dorpie vol verrassings. Die mense is vriendelik en behulpsaam. "
"Dit is 'n ongelooflike mooi area en daar is soveel karakter in die dorpie self. 'n Absolute plesier om te besoek."
"DStv with sport at Herrie's Place and great steaks too, De Rust Backpackers for great music and party."
"Op aanbeveling van die eienaar van die Dorpshuis het ons die sirkelroete buite die dorp gedoen - neem tyd en doen dit! Daar is plek op die roete waar etes genut kan word. Stop en kry 'n goeie uitsig oor die Calitzdorp dam. Besoek ook gerus De Krans wynplaas. Wynproe is beskikbaar en pryse is relatief tot goeie kwaliteit wyne."
"It's a beautiful, clean and friendly little town, with kid and pet friendly eateries. We had a memorable stay, will return soon. "