Verified Reviews
Cape Route 62
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cape Route 62
Rated 4.6 out of 5 based on 4931 reviews.
"Ons wil elke jaar Robertson besoek. Bitter mooi, bekostigbaar en baie spesiaal! "
"Pragtige omgewing tussen berge. Die trekkerrit en potjiekos op Proteaplaas is 'n heerlike uitstappie, en met natuurlike warmbronne en grotte is daar definitief heelwat lekker dinge om te doen!"
"McGregor is 'n baie oulike dorpie! Dit is bietjie afgeleë van die omliggende dorpies wat beteken daar is minder mense en dis heerlik stil en rustig. Tog, is dit net 10 km van Robertson af so jy kan maklik vir 'n dag uit ry na enige van die wynplase. Daar is 'n wonderlike dag spa in die dorp wat 'n fantastiese massering bied!"
"Daar is so baie om te ontdek met vriendelike mense wat 'n mens ontvang en bedien."
"Dit 'n oulike dorpie. Het sy eie rustige karakter, waar op stoep sit en rus sommer net lekker is."
"Lovely place. We took the kids to the nursery to play food, wasn't so great but they enjoyed the play area."
"Baie netjiese stil dorp. Het baie veilig gevoel. Selfs die polisiestasie se tuine word netjies gehou. Ek sal elke keer as ek na die Oos Kaap reis daar oorslaap. Indien jy buite seisoen na 19:00 eetplek soek vir uiteet is dit 'n probleem maar dit is verstaanbaar kan nie 'n restaurant oophou om slegs 'n paar etes te bedien nie."
Prince Alfred Hamlet, Cape Route 62
Rhodene Farm Cottages"Die landelikheid en ongewone aantreklikheid van die Skurweberge is 'n welkome kombinasie saam met die vrugteboorde om 'n omgewing te skep wat nie sommer geëwenaar kan word nie. "
"Montagu is 'n pragtige dorp met 'n heerlike atmosfeer. Interessante plekkies om te besoek, veral Affieplaas met sy lekker handgemaakte plaasprodukte, uitstekende diens en humor op die etikette van die produkte. Hoewel die pad vanaf Ashton na Montagu deur die "poort" onder konstruksie is met twee stop-en-ry punte, is dit die moeite werd om die roete te ry. Ons foto's van die mooi plekke gee baie kuierplek in ons herinneringe. "
"Dis 'n oulike dorp om te ontspan, ook lekker baie wynplase naby en ook Ziplining."
"Montagu is in die middel van die Kaapse Plooi gordel met die mooiste bergtonnels denkbaar. Die argitektuur is oud en pragtig bewaar met etlike historiese monumente. Die omgewing se vrugte en wynplase is pragtige en daar is wonderlike bergklim staproetes om te geniet."
"The drive through Seweweekspoort is an experience not to be missed. Ladismith has a very good butcher who sells excellent biltong!"
"Prins Albert het 'n magdom "te doen": Van die wyn- en olyfplase, tot koffiewinkels, galerye en interessante winkels. Daar is gereeld gemeenskapsaktiwiteite soos die Leesfees. Dan is daar die Swartbergpas en ander."