Geverifieerde Resensie
Cape Town
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Town bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 4827 resensies.
"Dalk nie die beste area in die herfs or winter nie (agv die ligging van die berge kom die son baie laat op)."
"Daar is iets vir elkeen in Houtbaai. Dit is sentraal genoeg om daar te bly en ander gebiede ook te besoek. Die Kaapse atmosfeer is sentraal in hierdie bestemming."
"Strand sal altyd een van my gunsteling vakansiebestemmings bly. Dit is veilig en 'n mens kan kilometers stap en heerlik swem."
"Glencairn is fabulous. Ons het bietjie gaan stap, heerlike restaurant en winkeltjies. Baie veilig."
"Parow is lekker sentraal in Kaapstad met maklike roetes na enige plek in die Kaap."
"Ek het in Parow grootgeword en het 'n plek naby die snelweg gesoek wat meer sentraal is, maklik bereikbaar vanaf die snelweg. Hierdie plek het vir my aan al die eienskappe voldoen. Die omgewing is stil en netjies."
"Ek is self 'n Kapenaar en ken die area goed. Sal more teruggaan Kaap toe as dit vir my bestem is. Daar is soveel te doen in 'n radius van 50 km dat 'n mens nie als in 'n naweek kan doen nie."
"As jy Strand as 'n basis gebruik om die Wes Kaap te beleef is dit baie ideaal. Nie te ver om elke dag te ry nie. Bekostigbaar met die see as bonus. Egter baie boemelaars beleef wat jou werklik onveilig laat voel as jy op die strand stap in die laatmiddag. Stap op die strand in die aand onmoontlik. "
"Mooiste strand, sonsondergange en Ilhas Pub se cajun calamari is voorwaar die beste ooit en absoluut waarde vir geld. Baie veilig en op die publieke busroetes met billike pryse."
"Milnerton is baie stiller as Kaapstad en 'n rustige plek om in vakansie te hou. Tog is dit naby aan Kaapstad en groot inkopiesentrums."
"Love die dorp, die see koud maar lekker geswem. Die restaurante se kos is ongelooflik lekker en bekostigbaar."
"Ons het geen negatiewe kommentaar, die area is rustig, pragtig en beslis vakansieganger toegerus."