Verified Reviews
Clarens
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Clarens
Rated 4.7 out of 5 based on 3007 reviews.
"Ek was in en uit die dorp, maar dit lyk pragtig en skoon en heelwat moderne eet- en koffieplekke."
"Ek's mal oor Clarens en probeer om ten minste een keer 'n jaar soontoe te gaan."
"Baie lekker. Net baie besig. Verkies stil en privaat, maar omgewing pragtig en mense baie vriendelik."
"Die heerlikste restuarante beskikbaar, bespreek asb. vroegtydig om plek te verseker."
"Clarens het 'n heerlike atmosfeer wat 'n mens nêrens anders kry nie, ons het dit weereens na ons vierde besoek ervaar! Ons geniet dit elke keer om deur elke gallery en winkeltjie te snuffel. Dan sommer net die berge in te vaar in die Golden Gate Reservaat wat met elke seisoen 'n belewenis van sy eie is!"
"Die paaie soontoe via Villiers Frankfort is 'n nagmerrie. Sal Heilbronpad aanbeveel."
"As jy nog nooit Clarens voorheen besoek het nie, mis jy vir seker uit op al die mooi en lekker in die lewe. Almal in Clarens is vriendelik (tot die honde) en die rustigheid laat jou behoorlik vergeet van die alledaagse gejaag. Die dorp is netjies, skoon en baie goed geleë. Dit is net 'n luilekker lewe daar waar mens behoorlik kan gaan rus. Daar is baie dinge in en om Clarens om te doen en niks jaag mens nie."
"Special place, always a wonderful time. Pity some stores have closed, no doubt Covid-19 related and many new restaurants which can be seen either positively or negatively dependent on one's views. Will be back soon."