Verified Reviews
Clarens
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Clarens
Rated 4.7 out of 5 based on 3049 reviews.
"Pragtige natuurskoon omring die dorpie. Clarens se dorpsgebied was netjies en skoon. Munisipale instandhouding was sigbaar, dankie daarvoor. Interessante winkeltjies wat beslis nie die gewone tipe curios te koop aanbied nie."
"Die dorpie is die perfekte naweek bestemming. Net genoeg om in 'n naweek by alles uit te kom en te voel jy het alles gesien!"
"Clarens is besonders, natuurskoon ongelooflik mooi. Kort of lang besoeke is altyd iets om te onthou."
"Dit is die juweel van die Vrystaat. Dit is 'n baie mooi dorpie en daar is baie om te doen. Al wat net nie lekker was nie is die meeste van die restaurante bedien net kos tot 18:00. As jy nie dan al iets bestel het nie dan is dit nou maar so."
"Lovely, small town. We visited in summer, and walked everywhere. There is some nice Geocaching locations, and too many shops to make a stop at. Gideon Groenewald's dinosaur tours and the brewery is a must see!"
"Dis baie mooi, maar 'n vervelig plekkie as jy deur al die restaurante en winkeltjies is. Maar dis 'n wonderlike wegbreek vir 2-3 dae. Die mense is gasvry en vriendelik en die restaurante heerlik en billik."
"Clarens is meer vir volwassenes as vir kinders. Tieners sal nie te lank kan bly nie want daar is nie veel vir hulle nie. Die plek is uitstekend om die stad se vinnige lewe terug te los en te ontspan. Baie oulike winkels en geen horlosie is benodig nie."
"Mooi dorpie wat beslis die moeite werd is om te besoek. Restaurante is goed."
"Clarens is 'n fantastiese vakansiebestemming. Dit bied 'n wye verskeidenheid van eetplekke, galerye en aktiwiteite. Dit bly hoog op ons lys van bestemmings."
"Sal definitief weer soontoe gaan,vir so 2/3 dae sodat mens die plekkies lekker kan verken! "
"Daar vergeet jy van jou werk, persoonlike en sommer alle probleme, ek vind weer my siel daar, dit is 'n ongelooflike plek."