Geverifieerde Resensie
Clarens
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Clarens bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 3043 resensies.
"Hou net 'n oor oop vir bure wat nie glo in die rustigheid nie. Clarens ontplof. Mens sal moet sien of die gemeenskap saam kan stem oor lawaai regulering. "
"Clarens is 'n pragtige dorpie en die natuurskoon kan mens nie beskryf nie, 'n moet sien."
"Regtig 'n heerlike plekkie om te gaan rus, weg van al die elke dag se geskarrel in die stad. "
"Hierdie is my aftreedorp! Rustig en besig genoeg en die atmosfeer en uitsig is iets uit die wêreld."
"Our favourite get away place for a long weekend away from the city lights, beautiful mountain walks, lovely little shops and great food."
"Ons het vir 2 dae, van aankoms aanhoudende reën gekry, sal net graag 'n afdak wou hê waaronder ons sou kon braai. Die stoepe is ongelukkig net met skadunet ingerig. Ons is mal oor die groot glas-voudeure wat kan oopmaak sodat jy voel jy word deel van die pragtige landskap."
"Juweel in die Oos-Vrystaat, en die ligging tussen die berge, al die winkels en eet-plekke (dankie tog geen franchise eetplekke nie) maak dit 'n ideale naweek wegbreek."
"A clean, friendly town. Beautiful art galleries, interesting little shops and very good pubs and restaurants, A well-stocked general dealer with a very surly gentleman behind the counter!"
"Clarens en die Golden Gate is vir ons een van die mooiste omgewings in die land. Die Clarens Brewing Co beslis die moeite werd om te besoek."
"Mooi dorpie met baie plekkies om deur te loop. Jy kan meestal loop na waar jy wil wees. Die kaas winkel en brouery moet mens by stop. Al negatiewe ding wat ons beleef het, is dat daar 'n paar onverskillige bestuurders in die dorp is. Ons moes op 'n stadium uit die pad koes om nie raak gery te word nie. Baie onnodig."
"Dit is 'n interessante plekkie met baie om te doen en sien en veral eet. Het dit baie geniet en veral die feit dat dit nie gekommersialiseer is deur bv. kettingwinkels nie. "
"Baie goed geleë vir dag uitstappies na Fouriesburg, Ficksburg en Clocolan met die mooiste natuur landskappe op die pad. Het die plaasskou op Clocolan besoek en dit geniet om van melee se manier van dinge doen op die plaas te kon aanskou."
"Wonderlike plek om 'n paar dae te gaan rus. Die omgewing bied egter so baie dat rus bykans onmoontlik is maar die vars lug en vriendelike mense is altyd wonderlik. "