Verified Reviews
Clarens
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Clarens
Rated 4.7 out of 5 based on 3007 reviews.
"Perfekte wegbreek van die huis waar jy jou kop kan skoonmaak. Lekker eet en almal is vriendelik. Jy voel so tuis want dis so veilig."
"Word net beter. Was laas Januarie 2020 daar. Daar is nou baie nuwe winkels. Mooi plek."
"Clarens is baie duur, restaurante is baie duur, die omgewing en staproetes is baie mooi."
"A quaint town with lovely, friendly staff. We all enjoyed walking around town and window shopping. Lots of places to eat with lots of variety to suit everyone's pallets."
"Pragtige dorp. Die Bethlehem Munisipaliteit moet net aandag gee aan die strate wat besig is om baie agteruit te gaan."
"Wens net die plaaslike regering wil die strate van Clarens teer of plavei. Die onlangse reën het slote en gate oral oor in die strate gestoot en dit was regtig onplesierig."
"Ons was kersdag daardeur, so amper als was toe. Eetplek gesoek, maar niks gekry die oggend nie. Mooi dorp."
"Pragtige, ou plattelandse dorpie met lieflike winkeltjies en heerlike restaurante."
"I'm giving it a 4/5 because of the poorly maintained roads, be very cautious when driving from Johannesburg. There are major potholes en route and not many petrol stops. Overall, stunning views."
"'n Rustige plattelandse dorpie met die mooiste natuurskoon. Skoon en netjies. Baie aktiwiteite vir oud en jonk."
"Eerste keer in Clarens. Baie mooi dorpie met pragtige berge, maar soek nog na 'n wow-faktor. Vele winkels, restaurante en staproetes. Was ook by Golden Gate, maar weet nie of ons sommer gou weer sal terugkeer nie. Dink ander plekke in Suid-Afrika bied meer."
"Fantastiese plek, en voorwaar die moeite werd. Pad na en van Clarens nie so lekker nie, maar as jy eers daar is kan jy enige plek heen loop."
"Clarens is 'n wonderlike plekkie en vir seker 'n deel van die land wat mens moet sien. Dit is ongelukkig jammer dat al die paaie vanaf Clarens, behalwe die Betlehempad, bykans onbegaanbaar is. Dit maak dit al moeiliker om weer daardie kant toe te wil ry. Paaie is uiters swak, maar as jy loop, is dit 'n goeie ervaring."