Verified Reviews
Dullstroom
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Dullstroom
Rated 4.5 out of 5 based on 779 reviews.
"Dullstroom is a great stop over or perhaps a mountain getaway. The towns restaurants and boutiques cater a tad too much for the yuppie sort."
"Omgewing is baie mooi - 'n fees vir die siel. Besigheid se eienaars passievol en vriendelik. "
"Baie van die restaurante het vroeg toegemaak op oukersaand, dit sou lekker gewees het as daar meer plekke was wat langer oop gebly het om dalk 'n drankie te kon geniet. "
"Die dorp het nou minder interessante aktiwiteite en winkels as toe on laas daar was, maar die kort afstand van Pretoria maak dit steeds aantreklik vir 'n naweek wegbreek. "
"Interessante dorpie met baie lekker eet- en drinkplekke. Die restaurant, Mrs Simpson's, was die hoogtepunt van ons besoek aan die dorpie."
"Lekker wegbreek van die stad se gejaag, almal vriendelik, lekker winkeltjies en baie rustig!"
"Valley of the rainbow is eintlik nie naby Dullstroom nie en gaste moet dalk daarop gewys word."
"Dullstroom is 'n perfekte naweek weg en waarde vir geld met baie om te doen vir oud en jonk. Kosse te kies en te keur en puik gehalte."
"Love the town and what's on offer, but the car guards really drives one crazy when you try to park in peace."
"Behalwe vir die staking wat die hele dorp omver gegooi het, was dit nogal 'n uitdaging om kos te kry. Dink dalk in die toekoms na alternatiewe maatreëls in plek te stel indien so iets weer gebeur."
"Rustige kleindorpie, groot toeriste deurloop oor naweeke wat dit moeite werd maak om 'n draai te maak in die geskiedkundige dorpie."
"Dullstroom is so 15 min se ry van Uitvlugt Ponds, baie mooi dorpie met verskeie winkels om deur te loop. En natuurlik Harrie's pancakes."
"Vir die vlieghengelaar en moontlik gholfspeler is dit 'n gawe bestemming. Van Maandae tot Woensdae gebeur daar nie veel nie en mens moet vroegaand 'n eetplek soek, anders is als toe. Vanaf Donderdae verander dinge darem redelik. Die Highlander en Mrs Simpson is bo-gemiddelde eetplekke, wat goeie waarde vir geld bied. Die landgoedere rondom Dullstroom is baie meer indrukwekkend as Dullstroom self. Nogmaals 'n lekker wegbreek vir rustigheid!"