Verified Reviews
Dullstroom
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Dullstroom
Rated 4.5 out of 5 based on 779 reviews.
"Dit is 'n prentjiemooi omgewing en was lekker om deur die dorpie te beweeg en eetplekke is oulik."
"Lekker toerismedorpie. Bird of prey was definitely een van ons hoogtepunte gewees! Dullstroom is net verskriklik duur en pryse van alles is hemelshoog! Vat genoeg van alles saam by die huis! (Net 'n tip) Geen Spar en sulke winkels nie!"
"Winkels se inhoud was teleurstellend en min. Gaan gereeld deur Dullstroom en die diens by verskillende restaurante by verskillende geleenthede was skokkend en sleg. Kelners weet nie hoe om goeie diens te lewer nie!"
"Uitstekende dorpie vir 'n kort besoek. Die antieke winkeltjie het die beste fudge ooit! OH Fudge!"
"Ons gaan al die afgelope 12 jaar Dullstroom toe, ten minste 1 keer 'n jaar, so ons geniet dit baie. Dis net die laaste 4 jaar wat ons honde het so ons probeer altyd akkommodasie kry wat dierevriendelik is en ons is baie gelukkig dat Dullstroom so dierevriendelik is. Dis die beste klein dorpie naby Johannesburg."
"Love all the restaurants and activities in this small tourist town, Lovely place with beautiful surroundings."
"Die dorpie is skoon en netjies wat beslis 'n pluspunt is. Lyk egter of daar 'n probleem met skoon water is so ek sal aanbeveel om maar gebottelde water te gebruik om te drink."
"Lieflike dorpie met baie eetplekke. Dorp is skoon en winkels het 'n groot verskeidenheid items. Love die ligging en die dorpsmense is baie vriendelik en behulpsaam."
"Dullstroom sal altyd baie spesiaal wees. Ek voel egter jammer vir die besighede wat erg getroef word deur beurtkrag. Ons hoop van harte dat Dullstroom altyd 'n idiliese wegbreekplek sal bly!"
"Die hele dorp is 'n toeriste-aantreklikheid! Baie lekker gekuier en baie doendinge! Heerlik gerus!"
"Harry's Pancakes needs some serious attention, service is slow and the ambiance in the restaurant was dull and empty - they used to be a tourist attraction - very disappointed."