Verified Reviews
Dwarskersbos
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Dwarskersbos
Rated 4.7 out of 5 based on 170 reviews.
"The little town is little but the surrounding towns has it all. We enjoyed the long walks and friendly people of the area. "
"Dwarskersbos het die laaste paar jaar geweldig uitgebrei, met rye en rye vakansiehuise en nog baie meer ontwikkelings wat beplan word. Dit is dus nie meer die piepklein, doodstil Weskusdorpie wat dit eens was nie. Die strande is egter steeds toeganklik en mens kan baie ver stap op die wit sand. Daar is oulike restaurante in Velddrif, bv Teyana's is op die rivier met 'n pittige musikant en lekker kos. Halfpad Velddrif toe is So-verby restaurant - 'n juweel met 'n lieflike see-uitsig, lekker kos en pragtige kunswerke. Ry gerus Lambertsbaai se kant toe en stop by die Skooltjie Padstal vir plaaslike produkte. Vars vis kan gekoop word by die NOSSAP winkels in Velddrif, maar as hulle toe is (bv. Saterdagmiddag en Sondae) kan die gevriesde vis by die gerieflike Velddrif Spar aanbeveel word. Die Spar het goeie kwaliteit vrugte, groente en wye verskeidenheid kruideniersware. Die gawe mense by Dwarskersbos se plaaslike Mini Mark het ook basiese benodighede bv. hout en roomys."
"Mooiste, rustigste, veilige en skoon dorpie met die vriendelikste mense. Ek sal permanent daar kan bly."
"As mens op soek is na 'n rustige plek waar mens kan afskakel en die son en see kan geniet, is Dwarskersbos verseker dié plek. Ons geniet die rustigheid en als wat mens nodig het is maklik bekombaar."
"The locals are super friendly and made us feel very welcome. The lovely little deli on the main drag has delicious treats and a cozy little eatery - great food and value. The couple who run the small grocer were also very helpful and friendly."