Geverifieerde Resensie
Dwarskersbos
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Dwarskersbos bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 170 resensies.
"Dis 'n wonderlike, rustige bestemming waar mens baie lekker kan ontspan in die natuur weg van al die daaglikse gejaag."
"Dis 'n rustige omgewing en vriendelike mense. Indien jy wil wegbreek van die gejaag waarin ons almal sit, is dit absoluut die plek om heen te gaan."
"Pragtige strand en die dorpie is klein, maar het alles wat mens nodig het. "
"Wat ‘n rustige en skoon dorpie. Net jammer dat die oujaar se rustigheid, bederf was met klappers en klapperbomme. "
"Die basiese benodigdhede kan jy sommer op die dorpie kry en as jy regtig meer benodig, is Velddrif om die draai. Die plaaslike restaurantjie bied ook goeie waarde vir geld. "
"Die dorp is heerlik stil en skoon. Lekker om bietjie weg te kom van die stad se gejaag. Sal definitief weer teruggaan Dwarskersbos toe in die toekoms. "
"Baie mooi plekkie om te besoek. Jy voel werklik veilig hier. Dis ideaal as jy wil wegbreek van die stad se woelinge sowel as al die tegnologie waarmee ons heeldag gebombardeer word. As jy jouself kan vermaak, is dit die plek vir jou."
"Kilometers lieflike strand sonder veel mense. Naby en ver genoeg van dorpsarea. Het algemene handelaar met als wat jy nodig het. Tien minute per motor van ander dorpsgeriewe. "
"Die beste vakansieplek aan die Weskus! Vir my is hier baie kinderjare-herinneringe. Sal altyd weer besoek."
"Dis 'n rustige Weskusdorpie met onbeperkte stap en swem strande, afgerond met die pragtigste sonsondergange denkbaar."
"Baie rustige vissersdorpie. Ideale plek om te gaan rus as jy wil wegkom van die besige stadslewe."
"Dit is net een van daardie bestemmings wat alles het. Skoon strande en genoeg in omgewing om te doen."