Geverifieerde Resensie
Eastern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Eastern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 6479 resensies.
"Lieflike woongebied, sentraal naby alles, lekker naby aan goeie restaurante en ook die mall."
"Daar het redelik veranderinge plaas gevind. Die Ibis Restaurant se kos is iets besonders en vars gemaak. Daar het nie veel aangegaan terwyl ons daar was nie."
"Ons reis was ongelukkig op 'n tyd wat die area in erge droogte is. Ons doel was om passe te ry, en dit het ons gedoen. Sal weer graag teruggaan na die area as die droogte gebreek is. "
"Dis 'n baie rustige area. Mense is baie vriendelik in die area. As jy rustigheid nodig het, is dit die plek om te gaan. "
"Beautiful and peaceful neighbourhood. Very safe to walk, jog. Close to amenities."
"Mountain Zebra National park is very close, so if you cannot afford to stay in the park, Cradock offers plenty of very affordable accommodation."
"Mooi Karoo-dorpie, maar moet net baie restaurante probeer het aangesien baie reisigers die dorp verby ry. Hulle moet verander word as Toeriste. Die munisipaliteit moet baie doen daar omtrent want daar is potensiaal."
"Die dorp is baie besig met trokke, maar dis die tipe dorp wat dit is. Ons het baie lekker gekuier by die plekke en baie baie lekker geëet. Die dorp het baie geskiedenis, jy moet dit net gaan soek. Ek sal weer die dorp gebruik, maar net as 'n oornagstop. "
"Die dorp self kort baie aandag. En ek verstaan dat besighede op die oomblik dit onderhou aangesien munisipaliteite dit nie doen nie. "
"Locals is baie vriendelik en behulpsaam, 'n mens voel sommer tuis! 'n Salige tyd-maak-nie-saak atmosfeer. Sal beslis weer gaan."
"Seaview is 'n baie rustige omgewing. Ons gaan beslis weer soontoe. Hopelik vir langer volgende keer."
"Dorpie waar jy jouself baie besig kan hou met al die besienswaardighede, natuurreservaat en eetplekkies."