Verified Reviews
Eastern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Eastern Cape
Rated 4.4 out of 5 based on 6660 reviews.
"Ons het die museum besoek en het gevind die inhoud en inligting is goed uitgestal. Indien jy belangstel in die boere oorlog en familie verbintenis het met die kontrei is dit jou bestemming. Die munisipaliteit was behulpsaam deur my agter-ouma se graf op te spoor."
"Die mense is baie vriendlik en behulpsaam. Ons het in die winter gaan kuier, maar ek dink die somer sal die beste tyd wees. Daar was 'n paar families van die Wes Rand in Johannesburg, wat 'n huis in Rhodes gehuur het vir 'n paar dae. Hulle sê die kinders geniet dit daar. Die dame by Walkabouts was so gesellig en vriendelik. Hulle pizza is yummy! "
"Ons sien hulle is besig met die opgradering van die paaie en plek."
"Rhodes is a quaint historical town in a beautiful setting. It is just a bit sad that there are several houses for sale and some look quite run down. The residents seem to be trying to make improvements as they have developed a lovely park area and I would hope that others would catch their vision. One of those must see places. "
"Bunckersheuwel is naby die golfbaan, winkelsentrum in die nabygeleë Vincent area asook Nahoonstrand met sy uitgestrekte strand en oulike koffiewinkeltjies, wat maak dat 'n mens nie ver hoef te ry om by 'n vorm van afleiding te kan uitkom nie. Dit is ook 'n rustige en skoon deel van die stad wat meer 'n plattelandse gevoel gee as jy daar is."
"Joubertina het restaurant op R62 en dis absoluut fantastiese groot plek met lieflikste kos! Sal enige tyd iemand aanbeveel om daar te gaan eet!"
"Ons sal enige tyd weer Gonubie toe gaan. Dit was vir ons 'n tydjie wat ons nie maklik sal vergeet nie."
"Awesome! Het baie veilig gevoel daar. Het opgemerk dat daar geen diefwering op die huise was nie."
"Ek en my vrou, nadat ons in 'n paar dorpe oorgebly het oor drie weke tydperk, was baie beïndruk met Graaff-Reinet. Die dorp is netjies en het baie besighede vir jou behoeftes. Dit is 'n pragtige dorp met die mooi ligging. Dit skep net 'n goeie indruk. "
"Ons verblyf in Graaff-Reinet was regtig net te kort om eerlik sinvolle kommentaar oor die area te lewer, maar dit wat ons in die kort verblyf daar ervaar het was vir ons lewensverreikend."
"Mooi dorp met baie geskiedenis. Was jammerte dat die 1ste kruising bemors was maar die res van die dorp was skoon. Kerke en ou geboue lyk of dit nog in stand gehou word. Die monumente kort aandag. "