Geverifieerde Resensie
Eastern Free State Highlands
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Eastern Free State Highlands bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3488 resensies.
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Caledon Country House"Die ingang vanaf Fouriesburg met plakkerskamp oorkant gholfbane skep 'n swak indruk. Die winkels in Clarens wat "fabrieks vervaardigde" kuns en ornamente verkoop asook die kruidenierswinkel doen afbreuk aan Clarens se karakter."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Arundel Studios"Uitstekende bestemming vir 'n naweek vergelykbaar met dorpe soos Dullstroom of Franschhoek, langer as dit, teensy jy net wil boeklees en rus het Clarens beperkte aktiwiteite."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
V'Kansi Khaya"Sal beslis weer teruggaan, hopelik in die winter vir die sneeu."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Jovali"Baie kommersieel en baie duur. Die eetplekke het baie lekker kos."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Jovali"Clarens is 'n juweel van 'n toeristebestemming met soveel om te doen. Dis iets anders as die alledaagse plattelandse dorpie. Ek geniet veral die brouery. Ons sal verseker meer gereeld soontoe gaan."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Clarens Retreat"Dit is regtig 'n stunning, mooi, rustige dorpie. 'n Lekker verandering van die vinnige pas van Johannesburg. Die wegbreekie was net die regtig ding. Daar is ook genoeg aktiwiteite om jou besig te hou. Clarens Brewery is amazing verby, Vene die tattoo artist is 'n moet (as jy 'n tattoo mens is) en natuurlik Bokpoort Cowboy Ranch was 'n belewenis. Ek kan nie wag om weer te gaan nie."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Fairview Cottages"Nie rystoelvriendelik nie en gestremdes vind dit moeilik om rond te beweeg."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Studio 28 Clarens"Clarens is die ideale plek om batterye te herlaai. Een word met natuur om jou asook die luuksheid van die snuffelwinkeltjies en natuurlik die allerlieflikste gallerye."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
V'Kansi Khaya"Die natuurskoon is pragtig. Heerlik om daar rond te loop."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
V'Kansi Khaya"Dit was baie rustig en die mense was baie vriendelik. Het dit regtig geniet."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Rooikat Cottage"Baie mooi uitsig, lekker staproetes en eetplekkies."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Knock Out View"Clarens is 'n pragtige dorpie met interessante winkeltjies en pragtige omgewing. Bier brouery produk probeer is 'n moet. "
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Leliehoek"Baie mense, baie duur maar tog 'n landelike atmosfeer."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Hannic's Retreat"Baie spesiale, beelskone dorpie en omgewing. Restaurante was ook baie spesiaal."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
De Ark Mountain Lodge"Clarens is 'n toeriste dorp. Ons het dit geniet om deur die dorp te loop en na al die winkeltjies te kyk, maar ek sal nie sommer iets daar koop nie want dis bietjie duur. Dis 'n pragtige dorpie en ek sal die dorpie graag weer wil besoek."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Jovali"Clarens is 'n baie interresante en pragtige dorpie. Het dit beslis geniet. Uitsig was pragtig. Oulikste winkeltjies en vriendelike mense."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Larola Terraces"Ek het Clarens baie geniet , al die berge en skoon lug en mooi natuur. Die rustigheid was vir my so genotvol. Die mooi winkeltjies en restaurante was ook iets om te geniet."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
RiverWalk Guest House"Die mense is baie vriendelik en dis baie lekker om orals heen te loop en al die mooi goed te sien."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Arundel Studios"Oulike staproetes in 'n baie besondere stuk natuurskoon. As jy nie 'n kunsliefhebber is nie, is daar nie veel aan die dorpie nie."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Knock Out View"Interessante kunsdorp met Golden Gate binne 20km, 'n pluspunt!"