Geverifieerde Resensie
Eastern Free State Highlands
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Eastern Free State Highlands bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3488 resensies.
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Knock Out View"Die dorpie se ingang, vanaf Betelehem, is asemrowend mooi wat die natuur betref met indrukwekkende berge, 'n dam met ganse en 'n perd, wilgerbome wat jou wil insluk soos jy teen die opdraande uitry."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
De Lusthof Guest Farm"Clarens is pragtig met iets vir almal. Ons sal Clarens weer besoek."
Fouriesburg, Oos-Vrystaatse Hooglande
The Farm House @ Mont Plaisir Guest Farm"Ons is baie lief vir Fouriesburg. Dit herinner ons aan die ou dae waar die strate alles nog stofpad was. Ons geniet die mark elke Saterdag of so. As ons kon, sou ons eendag graag 'n klein stukkie grond hier wou besit. "
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Accommodation @ The Spa"Heeltemal te veel om te sien en te doen vir net 'n naweek so verseker sal ons gou weer 'n draai daar gaan maak. Die mense is vriendelik, atmosfeer fantasties. Think I'm in love with Clarens ;)"
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Red Mountain House"Ons besoek Clarens ten minste een keer 'n jaar. Die omgewing is asemrowend mooi."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
The Clarens Country House"Clarens is 'n wonderlike dorpie met al die kunsgalerye en wonderlike restaurantjies. Die Clarens Brewery is vir seker 'n moet op mens se "Te doen" lysie. Sal vir seker weer teruggaan."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Leliehoek"A really beautiful little town with so much character. Definitely a place to visit."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
RiverWalk Guest House"Ag ons het baie baie lekker gekuier en Clarens was baie mooi netjies en die winkels se personeel was te alle tye baie vriendelik. Hou so aan Clarens julle sal ons weer sien ."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Vista 70 Clarens"Clarens het soos ons almal weet, 'n bekoring van sy eie. "
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Knock Out View"Restaurante verskaf heerlike kos, personeel baie vriendelik."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Cottage Pie"Heerlike ondervinding. Eerste keer wat ons in Clarens gebly het. Ek kan net vir ander toeriste die wenk gee - bespreek jou aandete (restaurant) vroegtydig anders gaan jy sonder kos slaap. Ons het nie besef hoe gewild die restaurante is nie en amper nie 'n plek gekry om by te eet Saterdagaand nie. Wonderlike plek om net te ontspan. O ja - jy moet 'n groot sak vol geld he want alles is DUUR in Clarens...but that is part of the fun!"
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Rooikat Cottage"Interessante plek. Baie om te ervaar in die dorp. "
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Cottage Pie"Clarens is 'n baie goeie area vir 'n naweek wegbreek. Sal elke jaar daar 'n naweek bespreek en Clarens besoek."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Clarens Retreat"Clarens is die beste plekkie ooit. Ons besoek dit gereeld. En het ook 'n jaar terug daar getrou. Sal altyd en altyd teruggaan."
Fouriesburg, Oos-Vrystaatse Hooglande
The Farm House @ Mont Plaisir Guest Farm"Ongerep, minder "Hermanus" as bv. Clarens, maar naby alles. Goeie opsie vir diegene wat Lesotho wil besoek, omdat dit so naby is aan die grens en klomp ryery uitskakel, daar is nie groot winkels en apteke nie, so maak maar seker jy het skaars persoonlike items, goeie slaghuis, so kry jou vleis daar."
Fouriesburg, Oos-Vrystaatse Hooglande
Oranje Guest Farm"Ons verblyf was te kort, het nie die keer Fouriesburg self besoek nie, maar op grond van 'n vorige besoek is dit 'n mooi dorp."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
V'Kansi Khaya"Heerlike wegbreek as mens wil lekker rus. Sal dalk net help as mens weet watter winkeltjies wanneer toemaak."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
De Ark Mountain Lodge"Rustige plekkie. Baie lekker en sal aan almal aanbeveel."