Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Verified Reviews

Eastern Free State Highlands

All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Eastern Free State Highlands

Rated 4.6 out of 5 based on 5059 reviews.

Clarens, Eastern Free State Highlands

The Courtyard Guest House

"Nie so sprokiesagtig sonder sneeu nie: droog en stil in Junie, maar 0 grade C in oggende!"

Clarens, Eastern Free State Highlands

De Ark Mountain Lodge

"Clarens is wonderlik en daar is veskeidenheid dinge om te sien en doen sowel as heerlike eetplekke. Dit is 'n pragtige wêreld en moet besoek word. Daar is ook baie oulike koffieplekke in die hele omgewing. Probeer gerus Die Bus Stop net buite Clarens op pad na die Golden Gate Natuurreservaat."

Clarens, Eastern Free State Highlands

Fairview Cottages

"Clarens is 'n besonder mooi dorpie, ligging en fasiliteite baie goed."

Clarens, Eastern Free State Highlands

Leafy Lane

"Lekker wegbreek saam vriende of net saam jou eggenoot. "

Clarens, Eastern Free State Highlands

Sweetie Pie Cottage

"Dis 'n tipiese plattelandse dorpie waar alles vroeg toemaak in die week, maar oor naweke lewe kry. Mens gaan egter soontoe vir die pragtige natuurskoon en om weg te kom van die gejaag van die stad. As mens onttrekkingssimptome kry van die stad, is daar genoeg winkels en besighede waar jy kan rondsnuffel en as dit nie werk nie, is Bethlehem en die Dihlabeng Mall darem nie te ver nie!"

Clarens, Eastern Free State Highlands

Knock Out View

"Baie ou en stylvolle dorpie wat dit 'n baie lekker kuierplekkie maak."

Clarens, Eastern Free State Highlands

Nandina

"Clarens is 'n pragtige plek en het baie potensiaal."

Clarens, Eastern Free State Highlands

De Lusthof Guest Farm

"Rustige omgewing weg van die stad se gewoel met al die kunsstalletjies."

Clarens, Eastern Free State Highlands

The Courtyard Guest House

"Ons het die dorpie regtig ten volle geniet. Het net nie 'n inligtingskantoor opgemerk nie. Sou dit waardeer het."

Clarens, Eastern Free State Highlands

Knock Out View

"Clarens is 'n baie mooi plekkie!"

Clarens, Eastern Free State Highlands

Rooiland

"Toeristedorp by uitstek. Verbasend die Afrikaanse diens wat ons ontvang het. Pryse van restaurante in die kol."

Clarens, Eastern Free State Highlands

Mont Rouge

"A great weekend get-away destination within 3.5 hours of Joburg, stunning scenery and lots of lovely shops and art galleries to explore."

Clarens, Eastern Free State Highlands

The Gables

"Lekker, rustige drenteltyd in die Oos-Vrystaat!"

Clarens, Eastern Free State Highlands

Castello Catharina

"Dankie vir 'n wonderlike aand wat ons daar kon oorbly en dat julle ons so tuis laat voel het."

Clarens, Eastern Free State Highlands

V'Kansi Khaya

"Wonderlik, my beursie met al ons kaarte, my lisensie en R2000 kontant buite die pub in Clarens op die stoel laat lê, toe ek dit 'n paar uur later ontdek was ek seker ek het alles verloor ... Nie in Clarens nie, iemand het dit opgetel. Weet ongelukkig nie wie nie, feit is ek het dit terug gekry met al my geld, kaarte nes dit was. Baie dankie vir eerlike mense, ek sal Clarens altyd met 'n "feel good" gevoel onthou."

Clarens, Eastern Free State Highlands

Sir Henry's Guest House - Clarens

"Rustige kunstenaarsdorpie vir 'n ontspanne naweek wegbreek. "

Bethlehem, Eastern Free State Highlands

La Motte Gastehuis

"I was off to Clarens, didn't see much of Bethlehem itself."

Clarens, Eastern Free State Highlands

Kozmos

"'n Droom vir 'n kunsliefhebber. "

Bethlehem, Eastern Free State Highlands

La Motte Gastehuis

"Bethlehem lê baie sentraal ten opsigte van die plekke waarheen mens wil gaan. Clarens is slegs 30km vanaf Bethlehem. Dit is baie ekonomieser om in Bethlehem te oornag en dan Clarens en Golden Gate toe te ry as om te probeer in Clarens akkomoddasie te kry. Bethlehem het baie goeie restaurante en eetplekke wat 7 dae per week oop is terwyl daar in Clarens op Sondae nie veel meer is om te kry na 1 uur nie. Bethlehem het oorgenoeg fasiliteite om alles te kry wat jy nodig het. Jammer, net geen fliek nie."

Clarens, Eastern Free State Highlands

Castello Catharina

"Maak seker jy boek vir aandetes as jy oor 'n naweek daar gaan wees!"

Clarens, Eastern Free State Highlands

Sir Henry's Guest House - Clarens

"Ons vierde besoek aan Clarens en het dit weereens geniet. Lekker vir 'n naweek, maar langer dan dit sal dit seker vervelig word. Pragtige omgewing, maar dit kan koud word en jy moet gewapen teen die koue wees."

Clarens, Eastern Free State Highlands

The Courtyard Guest House

"Fantasties - ons sal weer en weer kom kuier!"

Clarens, Eastern Free State Highlands

Sir Henry's Guest House - Clarens

"Dit was effe stil, want ons was gedurende die week daar en eetplekke het vroeg gesluit. Die restaurant wat oop was het tog aan die vereistes voldoen. Mooiste natuurskoon, alles veilig en skoon strate. Dankie daarvoor!"

Clarens, Eastern Free State Highlands

Sweetie Pie Cottage

"Stunning dorpie ek beplan al my volgende vakansie daar."

Page
Page 164 - Showing 4891 to 4920
World Travel Awards
Vote for us in the World Travel Awards!
Vote for us in the World Travel Awards!
vote
vote