Geverifieerde Resensie
Eastern Free State Highlands
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Eastern Free State Highlands bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3527 resensies.
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Fairview Cottages"Clarens is 'n fantastiese vakansiebestemming. Dit bied 'n wye verskeidenheid van eetplekke, galerye en aktiwiteite. Dit bly hoog op ons lys van bestemmings."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
De Lusthof Guest Farm"Pragtige omgewing met sy eie, unieke natuurskoon."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Rebellie Gaste Plaas - The Lodge"Dorp en winkels is baie duur, maar natuur is beeldskoon."
Fouriesburg, Oos-Vrystaatse Hooglande
Pumula Guest Farm"Kersdiens bygewoon. Kerk is pragtig. Mooi plek."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
V'Kansi Khaya"Meer inligtings vriendelike navrae kiosk oor pragtige gebied en omgewing."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Francisco Guesthouse & Villa Clarens"Pragtige en skoon vakansiedorp, vriendelike mense."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Studio 28 Clarens"Sal definitief weer soontoe gaan,vir so 2/3 dae sodat mens die plekkies lekker kan verken! "
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Jovali"Kort definitief 'n ordentlike bakery wat klein gerieflike etes en slaaie kan verskaf."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
The Nelsbells Cottage"Baie mooi dorpie met alles vir oud en jonk."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
RiverWalk Guest House"Daar vergeet jy van jou werk, persoonlike en sommer alle probleme, ek vind weer my siel daar, dit is 'n ongelooflike plek."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Collett House"Try to get a place as far from the informal settlement as possible. During weekends the noise can be bothersome! "
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Woodlands Retreat Private Property"Baie lekker naweek wegbreek dorp."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Bella Vista"Clarens as besigheidsdorpie vir toeriste, het baie ontwikkel en bied iets vir elkeen se smaak."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Kiara Lodge"Het ons maar net geweet dat Clarence so pragtig is met soveel plekkies om te sien, dinge te doen en proe het ons langer gebly."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Linwood Guest Farm"Clarens is sprokiesmooi met die mooiste berge in elke rigting. Dis 'n lieflike dorpie vir natuurliefhebbers, kunstiges en enigiemand wat 'n rustige blaaskans nodig het."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
The Courtyard Guest House"Ons gaan altyd terug, en geniet die dorpie baie."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Cottage Pie"Dit is altyd lekker om Clarens te besoek en rustig deur die verskeidenheid winkels te beweeg en die etes by die restaurante te nuttig. Ons het ook lekker by die brouery gekuier. Dit is ook lekker om deur die natuur te beweeg (stap) en dit ten volle te sien. "
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Linwood Guest Farm"Jammer dat daar nie 'n gewone supermark is nie (Spar of Pick n Pay), voorrade is baie duur, restourante ook! "
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
V'Kansi Khaya"Ons is gaande oor Clarens. Perfek vir daai wegbreek van die huis sonder om ure op die pad te spandeer."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Larola Terraces"Clarens is 'n pragtige dorpie met baie meer om te bied as wat dit lyk. Dié klein dorpie spog met talle kunsgalerye, winkels en restaurante uit die boonste klas. Die plekkies wat ons die meeste geniet het was die Clarens Brewery en Friends Restaurant and Pub. Die brouery bied gratis bier-en ginproesessies aan en die personeel is baie vriendelik. Die kroeg bedien kos wat waarde vir geld is en dit is smaaklik. Clarens gons behoorlik met mense van regoor die wêreld, nie net Suid-Afrika nie, en dit is lekker om deur die Golden Gate te ry vir pragtige uitkykpunte van die nasionale park! Behalwe vir die weer wat in die aande nie saamgespeel het nie, sou ons Clarens 10 uit 10 gee!"
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Rooiland"Ek het Clarens seker al 16 keer besoek, dit bly maar net 'n onvergeetlike bestemming. Dis 'n plekkie baie na aan my hart. "
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Fairview Cottages"Dit is 'n romantiese dorpie in die natuurskoon."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Royal Coachman Lodge"Been there before and will keep on going back!"