Verified Reviews
Elephant Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Elephant Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 812 reviews.
"Dit is duidelik dat daar mense is wat erg deur die COVID geaffekteer word. Het 'n wonderlike dag op die see gespandeer en 6 mooi Tunas gevang."
"Weens die pandemie het St. Lucia baie skade gekry, ek kom al vir 20 jaar daar so daar is baie mense wat my ken. Van die eetplekke wat ek besoek het laat die Wimpy en die bootklub veel te wense oor, die kliëntediens is baie swak en die bootklub se pryse is buitensporig. Om R145 te betaal vir 'n rumpsteak wat letterlik in my handpalm pas, 'n hoender wat net-net nie die steak toemaak nie en soos +- 20 skyfies is regtig belaglik. Ek het 'n foto geneem. want mense by die huis sal my nie glo nie. By die Wimpy dink hulle hulle doen jou 'n helse favour om jou te bedien. Van die lokale mense kom in sonder maskers en drentel daar rond. Ek het toe maar gereeld van Wavedancer se plek gebruik gemaak. Wel as daar nie baie vinnig dinge reg geruk in St. Lucia nie gaan dit 'n spookdorp word."
"St. Lucia is pragtig en absoluut uniek. Almal is baie vriendelik. Ons sal definitief weer kom kuier!"
"Dis ons lekkerbly-vakansieplek, kan sien dit gaan moeilik daar, ons sal aanhou ondersteun."
"Klein maar lekker ou dorpie. Alles wat jy nodig het. Skoon en netjies. Dorp word goed bestuur."
"Destination not quite what is was a number of years ago; definitely has lost some of its magical qualities."
"Eerste keer weer na 19 jaar daar. Baie verander, maar was nog steeds baie lekker."
"St Lucia is great, I have been going there for years and is my preferred holiday destination."
"Dis die beste plekkie om weg te breek van die stadslewe, as jy net 'n bietjie stilte en rustigheid wil hê. Al die mense is vriendelik en het dit vir ons so veilig gemaak met die Level 4. Ons kon nog steeds al ons avonture veilig doen. Wonderlike plek en mense."
"Love St Lucia. It really has the best of both - stunning bush and beautiful beaches!"
"Underrated town with heaps of potential. Certainly a fantastic place to spend some time as a base to explore the surrounding areas of Isimangaliso, the Game Parks and beyond."
"Jozini dorp ongelukkig in 'n baie slegte toestand. Die damwal kan 'n uitmuntende toeristeaantrekking wees, maar geen sekuriteit of beheer nie."
"Ongelooflike dorpie met so baie om te doen en sien. Het dit baie geniet en kan nie wag om weer terug te gaan nie!"
"Hluhluwe is 'n lekker middelpunt vir vele bestemmings in Noord-Natal."
"Om die strande te besoek moet jy deur padblokkades gaan. Op pad na Cape Vidal het die polisie hele voertuig deur soek vir alkohol al het ons gesê daar is nie. "
"St. Lucia dorp het baie agteruit gegaan gedurende die, of as gevolg van die Corona grendeltydperk. Die feit dat jy soos 'n krimineel behandel word as jy die strand wil besoek deur sekuriteitswagte wat aangestel is om drank en wapens op die strand te voorkom, wat ons ten volle ondersteun, is nie aanvaarbaar nie. Ek sal aanbeveel hulle word op 'n toerismekursus gestuur en geleer hoe om met gaste te werk en praat. As gevolg van die ongeskikte/onprofessionele optrede sal ons eerder ander bestemmings in KZN besoek."