Geverifieerde Resensie
Elephant Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Elephant Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 812 resensies.
"Cape Vidal is asemrowend. Het so baie diere gesien. Renosters, olifante, baie mak kudu's ens. Cape Vidal se strand is 'n baie lekker swemstrand, kan snorkel ook daar."
"Met slegs een toegangsroete na St Lucia is St Lucia baie veilig en as bewaringsgebied 'n moet om te besoek. Ry ook gerus een dag Cape Vidal toe, dis teerpad tot daar."
"Ken hom al vir jare. Alles het duur geword. Net jammer die meermonding is nog toe. Visvangs is swak"
"Pragtige dorp en pragtige strande. Beslis die moeite werd om te sien en te beleef."
"Sodwana is maar 'n klein dorpie wat duikers, vissermanne en natuurmense trek. Daar is nie groot winkels soos in ander dorpe nie, maak maar seker jy bring vars vleis, daar is nie maklik bekombare vars vleis in die area nie. Baie lekker vir ontspanning met 'n paar lekker eetplekke en kuierplekke ook."
"Sodwana is wêreldbekend vir duik, maar hulle het ook baie goeie restaurante en 'n verskeidenheid van diepsee-visvang-charters."
"St Lucia is pragtig. Definitief die moeite werd om na die Wetlands Nature Reserve te gaan - so baie diere gesien, olifante en swartrenosters definitief die hoogtepunt van die dag. Cape Vidal is die beste swemstrand met skoon warm water. "
"Met alles wat nou weer oop is, sal toerisme beslis weer op tel. Die water by St. Lucia strand was baie vuil, maar Cape Vidal reg langsaan, was pragtig skoon."
"Ons is mal oor die dorpie! Daar is soveel om te sien en te doen! Ons kan nooit besluit tussen 'n Bosveld of seevakansie nie, maar hier kry mens beide!"
"Wonderlike, rustige pragtige dorpie. Met pragtige swemstrande en baie om te doen."
"Ek het nooit voorheen van St Lucia gehoor nie en my man het dit voorgestel vir ons wittebrood. Dit is ’n pragtige dorpie langs die see. Ons gunstelling restuarant is tussen The Dirty Dog, wat langs die hoofstraat is, en Ski Boat Club, wat die mooiste uitsig het en heerlike pizzas. Ons was op die bootrit om na die seekoeie te kyk wat vir seker die geld werd was. Die strande is skoon en die see is die beste temperatuur om in te swem. Ons was ook vir ’n dag Cape Vidal toe - dit is ’n natuurreservaat wat baie bekostigbaar is en dit is verseker dat jy wild op die pad gaan sien. Die strand by Cape Vidal is ook baie lekker en het stortgeriewe om die sand af te was voordat jy weer in die kar klim. Ons sal vir seker weer St Lucia besoek."
"Ek voel dat dit redelik onregverdig is dat mens 'n R105 rand moes betaal elke dag as mens strand toe wil gaan. Vir daardie rede sal ek nie weer Sodwana toe gaan nie."