Geverifieerde Resensie
Escape From Cape Town
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Cape Town bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 16056 resensies.
Hermanus, Ontsnap Uit Kaapstad
Beach Cottage 1"Het vir 4 jaar daar gewoon, twee jaar gelede getrek. Vind die dorp nie meer op standard nie. Dink die Covid het 'n groot rol te speel geahd aangesien dit hoofsaaklik 'n vakansiedorp is. Nogsteeds pragtig."
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Kiewiet"There is a lot of rubbish lying around. Can one not create an employment opportunity for poor locals to pick up rubbish. I would not hesitate to pay an extra R200 or more to encourage the locals to keep their village clean. It is such a beautiful place."
Botrivier, Ontsnap Uit Kaapstad
Basterskloof"Klein en eenvoudige plattelandse dorpie met alles wat jy nodig het. "
Struisbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
The Gift"Ongelooflike ervaring met die wonder van die natuur by die hawe met heerlike seekos."
Kleinmond, Ontsnap Uit Kaapstad
Klein Uitkyk"Kleinmond is so mooi en daar is so baie om te doen. Geniet die winkels by die hawe, veral Oupa se Boekwinkel. Stap langs die see hawe toe en sit op 'n bankie en geniet die uitsig. Emma's vis en chips is baie lekker!"
Struisbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Coral Cottage"Struisbaai is vir ons 'n heerlike wegbreek, en ons is altyd uitgerus as ons daar was. Sielskos vir die hart."
"Pragtige dorpie met die oulikste en mooiste huise. Almal is baie vriendelik en ek sal beslis terugkom!"
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Paternoster's De Oude Muragie"Baie lekker plekkie, sal oor en oor daar gaan vakansie hou."
"Was my eerste keer daar en absoluut mal daaroor. So baie om te sien en te doen."
Swellendam, Ontsnap Uit Kaapstad
Aan de Eike Guest House"Swellendam het regtig 'n paar oulike besienswaardighede. 'n Paar museums en oulike winkels met plaaslike produkte soos heuning, bessies. Jy kan perdry, kajakroei, staproetes met watervalle en diere in die Bontebok Park."
Robertson, Ontsnap Uit Kaapstad
Adderley House Guest Accommodation"Rustige dorp om te ontspan en te geniet."
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Ahoy Farmhouse 3"As jy lief is vir seekos, veral kreef, is dit die plek om te gaan maar dis ook 'n mooi dorp en 'n regte vissersdorp om jou vakansie te spandeer."
St. Helenabaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Zeezicht Apartments"Baie rustig en stil. Oulike plekkies om te ondersteun."
Velddrif, Ontsnap Uit Kaapstad
Kingfisher Heads 17"Bitter oulike dorpie, die waterfront het baie dinge om te doen. "
Elandsbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Elandsbay Seaview"Indien jy is op soek is na stalletjies of baie restaurante of kuierplekke, moet jy kyk na ander bestemmings. Elandsbaai is die plek om te ontspan."
Prince Alfred Hamlet, Ontsnap Uit Kaapstad
Rhodene Farm Cottages"Die dorp is te besig op 'n Saterdagoggend, maar die omgewing van Ceres en Prince Alfred Hamlet bly van die mooiste in die Wes-Kaap."
Hermanus, Ontsnap Uit Kaapstad
The Koppie - Accommodation"Epic dorpie. Was daar vir 'n troue en gaan definitief teruggaan vir vakansie."