Geverifieerde Resensie
Escape From Cape Town
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Cape Town bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 16056 resensies.
Barrydale, Ontsnap Uit Kaapstad
Sandy's Place"Really the only overnight stop. Only 2 eating places open after 17:00."
Arniston, Ontsnap Uit Kaapstad
Pottie's House and Flat in Arniston"Pragtige strande en heerlike swemplekke. Lekker sandduine om te hardloop, asook ideale plek vir fotograwe."
Melkbosstrand, Ontsnap Uit Kaapstad
Beach Road Accommodation"Baie mooi en skoon dorp. Die see-ervaring is ongelooflik."
L'Agulhas, Ontsnap Uit Kaapstad
À La Mer"Die vraag oor Lessenaargeriewe in ons kamer was vir ons irrelevant. In die kombuis was 'n heerlike groot tafel wat 100% aan ons behoeftes voldoen het."
Klapmuts, Ontsnap Uit Kaapstad
Bona Vista Self-Catering Accommodation"Baie goeie ligging om die hele Wes-Kaap te besoek."
Swellendam, Ontsnap Uit Kaapstad
Elianthe's Guest House"Wat 'n asemrowende mooi dorp! Ons was absoluut weggevoer na 'n ander era met ons besoek aan die Drostdy-museum, die Tronk, Ambagswerf en die Mayville huis. Vir 'n skamele R25 het besoekers/toeriste toegang tot al hierdie besienswaardighede. Aandete by Woodpeckers was uit die boeke (soos deur ons gasvrou, Elize voorgestel). Absoluut die besoek werd. Swellendam, ons kom weer!"
Sandbaai , Ontsnap Uit Kaapstad
Sandbaai Country House"Lieflik, gerieflik en hoogs aanbeveel as jy uit die gewoel van Hermanus self wil uitkom. Alle denkbare geriewe op jou voorstoep en 'n klipgooi van die hoof besienswaardighede van Hermanus."
Jacobsbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Sandkorrel"Baie lekker, rustige see-dorpie. Mense is baie vriendelik."
Elandsbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Ons Huisie"Baie lekker rustig as mens 'n rustige wegbreek verlang. Al wat kort is 'n klein apteek met net die nodige medikasie. My man moes eendag vinnig Lambertsbaai toe ry om medikasie te kry vir een van die kinders. Ek het iets vir alle skete ingepak, maar sy het onverwags siek geword en haar koors en bors medikasie was toe net te min vir die tyd wat ons daar is."
Britanniabaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Accommodation @ Sea Trader"Pragtige omgewing en strande. Baie privaat."
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Sandals"Pragtige dorp, net jammer dat Tietiesbaai se kampterrein so swak bestuur word."
Jongensfontein, Ontsnap Uit Kaapstad
Alika's"Jongensfontein sal ons beslis weer sien. Pragtige dorpie met rustige atmosfeer. "
Jacobsbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Koekemakranka"Baie lekker plek om vakansie te hou met jonger kinders. Veilig en vriendelik."
Robertson, Ontsnap Uit Kaapstad
Magic TiPi at Lancewood"Daar is so baie om te doen in die area en die mense is almal baie vriendelik."
Swellendam, Ontsnap Uit Kaapstad
Marula Lodge Guesthouse"Pragtige dorp. Sal net aandag aan die regmaak van hulle strate moet gee."
Jacobsbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Sandkorrel"Dit is 'n pragtige dorpie met die mooiste uitsig oor die see en baai. Die perfekte plek vir 'n rustige naweek of oorslaapplek."