Verified Reviews
Escape From Cape Town
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Escape From Cape Town
Rated 4.6 out of 5 based on 16534 reviews.
Paternoster, Escape From Cape Town
A'la Mossel 1" My eerste besoek aan Paternoster. Wat 'n juweel van n plek. Ons verblyf was als wat ons nodig gehad het en nog meer. Jy parkeer jou voertuig en stap waar jy ook al wil gaan anders sit jy op die stoep en bekyk die see en uitsig. Ons was gelukkig om Walvisse te kon sien. Net een ding, hou jul dorpie net soos hy is."
Paternoster, Escape From Cape Town
Soli Deo Gloria - Penthouse"Ongelooflike dorpie, net Jammer die res van die Weskus het nie dieselfde argitektuur en karakter as Paternoster nie."
Pearly Beach, Escape From Cape Town
Pearly Beach Cottage"Dit is 'n bietjie afgeleë, alhoewel dit 'n lekker stapstrand het, mits die weer goed is."
Hermanus, Escape From Cape Town
Sit-en-kyk"Lekker om tyd daar deur te bring. Kry die gevoel van dat dit is die "hoër stand" wat hier uithang."
Pringle Bay, Escape From Cape Town
411 On Park"Lieflike rustige plek. Vriendelike mense en absolute pragtige strand."
Witsand, Escape From Cape Town
Barnacles"Om verseker 'n draai by Pili Pili restaurant te maak en om 'n uur of twee op 'n bankie by die hoofstrand stil te sit en die baljarende walvisse dop te hou! Asemrowend! Die Breederivier is ongelooflik mooi. Witsand is 'n besonderse destinasie om te ontspan."
Hermanus, Escape From Cape Town
Bayview 104"Heerlike vibe in die dorp, ideal vir 'n naweek wegbreek of langer. Desember is egter 'n malhuis daar."
Paternoster, Escape From Cape Town
Phoenix 2"Safety is a huge concern in Paternoster. We were threatened and harassed by the local children in to purchasing hand-crafted ornaments. If you refuse, they tend to get aggressive and verbally abusive. It's not enjoyable being harassed when your on holiday."
Gansbaai, Escape From Cape Town
Oom Piet Accommodation"Gansbaai is 'n rustige still dorpie. 'n Heerlike wegbreek plekkie, weg van al die stad se lawaai."
Jacobs Bay, Escape From Cape Town
De Ware Jacob"Ons sal baie graag wil terug gaan en die plek verder ontdek. Ons het net te min tyd gehad! Dis so mooi!"
Franskraal, Escape From Cape Town
Kormorant Apartment"Perfect place if you simply want to relax, recharge your batteries and live the slow life for a while. "
Worcester, Escape From Cape Town
Overmeer"Worcester is a very warm and welcoming little place, will definitely visit it soon."
Betty's Bay, Escape From Cape Town
Cyara"Die wind waai baie sterk en die hoofpad waarop meeste huise geleë is, is baie besig. Dit is steeds 'n lekker uitrus plek."
Grabouw, Escape From Cape Town
Belfield Wines and Farm Cottages"Die dorp self het nie baie opsies vir uiteet en inkopies nie. Peregrine padstal is wonderlik en sommer op die pad soos jy inkom. "
Montagu, Escape From Cape Town
Abigail's Garden Cottage"Pragtige dorp en sal verseker weer teruggaan."
Clanwilliam, Escape From Cape Town
Marthinusrust Kliprant Kamp"Soos talle ander klein dorpies, maar die natuurskoon is onverbeterlik."
Gansbaai, Escape From Cape Town
Oom Piet Accommodation"Gansbaai is 'n pragtig, skoon en netjiese dorpie met vriendelike mense."
Paternoster, Escape From Cape Town
Astrandt 2"Paternoster is die heerlikste plek om werklik te gaan ontspan."
Struisbaai, Escape From Cape Town
By Design Cottage"In teenstelling met die gekommersialiseerde Weskus, het Struisbaai nog 'n kleindorpse atmosfeer. Die mense is warm en vriendelik en daar is allerlei doendinge in die kontrei. Die Pelican-restaurant by die hawe is 'n besoek of twee of drie, werd. Die lang wit strand en die plankiespad oor die fynbos bied asemruimte vir enige stadsbewoner. Ons sal weer kom!"
McGregor, Escape From Cape Town
Orchard Cottage"Ons woon al 7 jaar in die Kaap en wou nog altyd McGregor besoek. Omdat dit nie op enige hoofroete geleë is nie, het ons verskeie kere verbygery en nooit afgedraai nie. En daarin lê die dorpie se bekoring. Jy moet 'n klein bietjie moeite doen om daar uit te kom (as mens die 20 km van Robertson af as moeite kan beskou), maar jy word beloon met 'n rustigheid wat moeilik te vinde is ."