Geverifieerde Resensie

Escape From Durban

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Durban bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 4282 resensies.

Richardsbaai, Ontsnap Uit Durban

Daai Plek Holiday Home

"Indien u Richardsbaai via die N11 Suid (Suid van Ermelo)tot N2 Noord besoek, maan ons u om uiters versigtig te wees vir die swaar vragmotorverkeer en slaggate. Spoedlokvalle sal u amper in elke sone vind waar die spoedgrens minder as 120km/uur aandui! Richardsbaai oor die algemeen is 'n "vakansiestad" met genoeg avontuur wat in elke behoefte sal voorsien; hetsy 'n stedeling, plaasjapie of reisiger / kranige vakansieganger."

Manaba Beach, Ontsnap Uit Durban

Beau Vista No 1

"Ons het ons vakansie in Manaba geniet."

Margate, Ontsnap Uit Durban

Anguna Holiday Flats

"Dit sal lekker wees as Margate se swembad reg was om in te swem. Margate se akwarium was ook buite werking. Om Margate 'n beter toeristebestemming te maak, stel ek voor hulle kyk daarna. Ons wil in die water speel, vissies sien ens. Hulle moet die plek weer 'n bietjie opkikker."

Desainager, Ontsnap Uit Durban

La-Peng Guest House

"Dit is net 'n bietjie ver van groter dorpe af en het ook nie 'n strand naby nie. Jy het beslis vervoer nodig indien jy sou invlieg vanaf die binneland. Jy moet ry na alles toe."

Marina Beach, Ontsnap Uit Durban

San Lameer Villa 2516

"Die pragtige Blouvlagstrand kry nie te veel besoekers nie, die see is gewoonlik nie koud en ontstuimig nie. Met laaggety is dit redelik veilig om in die getypoel te swem. Ons is nie bewus van enige misdaad op die strand nie. "

Leisure Bay, Ontsnap Uit Durban

C-Rus

"Die naaste winkels is in Port Edward (ongeveer 5 - 10 km weg) maar dit is nie 'n probleem as jy goed beplan nie. Die omgewing is baie veilig en daar heers 'n baie lekker vakansie atmosfeer met gesinne wat strand toe loop en lekker kuier met verbygangers. Die strande is baie skoon en veilig en word baie mooi versorg."

Manaba Beach, Ontsnap Uit Durban

Playa Del Mar 12

"Veiligheid is 'n probleem,"

St. Lucia-riviermonding, Ontsnap Uit Durban

Tree Top Village @ Urban Glamping

"St. Lucia is not a place to visit for more than a day, except if you have a boat. The sea is a bit far from the town if you do not have a vehicle. The area and surrounding nature is very beautiful."

St Michael's-on-Sea, Ontsnap Uit Durban

Falling Waters Guest Lodge

"Kort heelwat meer eetplekke en vermaak."

St. Lucia-riviermonding, Ontsnap Uit Durban

Marlin Lodge

"Geen kommentaar. Dit bly awesome rowend mooi!"

Ramsgate, Ontsnap Uit Durban

Meerkat Manor

"Ramsgate is soveel lekkerder en beter as wat ek verwag het. Het altyd net in die verbygaan na Ramsgate gekyk. Noudat ek dit van naby leer ken het, sal ek baie eerder Ramsgate toe gaan as Margate. Voorwaar 'n juweel waarvan mense nie bewus is nie. Dis stiller as Margate en in my opinie 'n baie lekkerder swemstrand."

Ramsgate, Ontsnap Uit Durban

Blue Door Self-Catering Accommodation

"Ramsgate sal moet aandag gee aan hulle waterprobleme. Ons het 2 dae vroeër huiswaarts gekeer a.g.v geen water in die area nie wat glo n gereelde gebeurtenis is wat vir dae lank aanhou. "

St. Lucia-riviermonding, Ontsnap Uit Durban

Umlilo Lodge

"Doen die bootrit op die rivier wat deur Umlilo Lodge gereël kan word. Ons het so baie seekoeie gesien en die inligting oor die riviermonding is baie interessant. Die strande is heerlik, daar is 'n ryk voëllewe en Cape Vidal en die natuurreservaat is beslis een van die dinge wat jy moet besoek as jy daar is."

Ramsgate, Ontsnap Uit Durban

Appledore Lodge

"Ramsgate is die ideale bestemming vir 'n rustige Suidkus-vakansie. Die 'Waffle House' bly 'n groot trekpleister en alle winkelfasiliteite en ander toeristebesienswaardighede (soos uShaka, Oribi-ravyn, baie mooi gholfbane, ensovoorts), is naby genoeg aan Ramsgate."

St. Lucia-riviermonding, Ontsnap Uit Durban

Marlin Lodge

"Cape Vidal is beautiful and is highly recommended for any coast or nature lover."

Margate, Ontsnap Uit Durban

Bondi Beach 45

"Verkeerde tyd daar gebly - verkeer is redelik chaoties."

Howick, Ontsnap Uit Durban

Nutmeg Guesthouse

"Die Howick-waterval is aanskoulik. Dis jammer oor die plaaslike mense wat aan die bopunt van die valle klere was en ophang. Howick self is 'n plattelandse dorp en daar is amper alles wat 'n mens nodig het. "

Ballito, Ontsnap Uit Durban

Prosperita

"Ongelukkig baie kommersieel - nie so rustig soos wat ek dit 25 jaar terug kan onthou nie, maar bly steeds 'n gunsteling."

Howick, Ontsnap Uit Durban

Biggy Best Cottages

"Nottingham Road was teleurstellend. Diens is pateties. Il Postino Restaurant was fantasties!"

Three Hills, Ontsnap Uit Durban

Ku-Boboyi River Lodge

"'n Mens kan verskeie mooi plekke besoek."

Ballito, Ontsnap Uit Durban

Beach Forest Lodge

"Various of beaches and a beautiful promenade. The lifestyle centre is versatile and there is a variety of restaurants."

Umhlanga, Ontsnap Uit Durban

Burnham House B&B

"Reasonable. Parking in town is always a challenge."

Manaba Beach, Ontsnap Uit Durban

Seester 9

"Behalwe vir die swak kwaliteit van die drinkwater, is dit 'n uitstekende toeristebestemming. Die seewater is baie helder en lekker warm hier, veral by Lucien-strand. Dit is uitstekend vir 'n dag op die strand."

Uvongo, Ontsnap Uit Durban

La Corsica 9

"Uvongo is nog altyd 'n lekker vakansiebestemming gewees en ons voel steeds dieselfde oor die Suidkus."

Blad
Blad 129 - Wys 3841 tot 3870
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang