Verified Reviews

Escape From Durban

All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Escape From Durban

Rated 4.4 out of 5 based on 4282 reviews.

St Lucia Estuary, Escape From Durban

Kings Palace

"Pragtige plek. Rustig en ongerepte natuur was 'n belewenis op sy eie."

St Lucia Estuary, Escape From Durban

Ndiza Lodge and Cabanas

"Dit is jammer dat die monding steeds toe is. Dit is baie duidelik dat dit na al die jare 'n negatiewe effek op die ekosisteem het. Die biesies gaan nog die hele meer toegroei as die mens nie ingryp en die monding weer oopmaak nie. Dit is teleurstellend dat die dorp se water nie drinkbaar is nie. Daar is te veel spoedhobbels wat so hoog is dat dit omtrent stoptekens is. Waarom al die vreeslike hobbels? Dis sowaar 'n irriritasie en glad nie "groen" om so baie te moet stop en wegtrek nie. As daar dan jaagduiwels is moet hulle vasgevat word, hoekom moet almal nou gestraf word met die horde ongerieflike hobbels."

Selection Beach, Escape From Durban

Mallorca 5

"Lekker rustig en gemaklik."

Shelly Beach, Escape From Durban

Clover Bay 5

"Baie lekker beach en naby alles."

Umzumbe, Escape From Durban

Summer Place - Lookout

"Umzumbe is 'n pragtige strand met 'n heerlike getypoel vir kinders. "

St Lucia Estuary, Escape From Durban

Oppi Rotse

"Sal graag in die pragtige dorpie wou bly vir altyd!"

St Lucia Estuary, Escape From Durban

St Lucia Wilds

"Die dorp is besonder skoon en alles word na omgesien. Die netjieste plek wat ek nog in Suid-Afrika gesien het. Werklik iets om te gaan sien. Hulle plaas definitief 'n hoë premie op toerisme."

St Lucia Estuary, Escape From Durban

Luxury Tented Village @ Urban Glamping

"Ons het ons uitstappie na Cape Vidal en Umfolozi baie geniet. Jammer om te sien dat die droogte ook daar so 'n groot impak op die natuur het."

Manaba Beach, Escape From Durban

Beau Vista No 1

"Pragtige plek wat onder jou vel inkruip."

Ballito, Escape From Durban

Family Holiday House

"Ballito self is 'n wonderlike vakansieplek."

Umzumbe, Escape From Durban

Summer Place - Lookout

"Great place, close to most amenities. Clean beaches. Great swimming beach."

La Lucia, Escape From Durban

Annie's Self Catering

"Skoon, netjies, rustig en naby alles."

Shelly Beach, Escape From Durban

Clover Bay 5

"Strande is lieflik! Baie en genoeg winkels en restuarante naby. Verkeer op Marine drive die enigste slegte punt. "

Uvongo, Escape From Durban

Uvongo Sands 6

"Heerlike strand vir die hele gesin. Ek wil ook 'n huisie by hierdie see hê ;)"

Manaba Beach, Escape From Durban

Libra Holiday Flats Unit 2

"Manaba is 'n baie lekker plek om vakansie te hou, maar ek dink hulle moet aandag skenk aan die houttrappe wat afgaan na die strand. Die laaste trap is te hoog en onder dit is klippe wat dit moeilik maak om op en af te klim. Verder is Manaba 'n heerlike plek met 'n lieflike swembad en winkels op jou voorstoep. "

Umhlanga, Escape From Durban

Ridgesea Guest House

"Umhlanga het in die 38 jaar wat ons 2 keer per jaar hierheen kom, baie uitgebrei en word amper te besig om 'n vakansieplek te wees, talle woonbuurte het bygekom, maar dit bly 'n pragtige plek met skoon water (TDS van kraanwater gemiddeld 170 terwyl Suidkuswater 'n telling van oor die 300 het), en nog goeie munisipale bestuur te midde van ons landwye munisipale krisisse. Talle plekke aan die Suidkus is besig om te kwyn, huise is in die mark, maar Umhlanga groei met rasse skrede - dit beteken die plek bied aan die mense waarna hulle soek. "

Ramsgate, Escape From Durban

The Beachfront Unit 2

"Lekker geleë in 'n stiller area van die suidkus."

Shelly Beach, Escape From Durban

80 Surf Bay Sands

"Als is so lekker naby. Sal definitief weer terugkom."

Manaba Beach, Escape From Durban

Vans View

"Die strand is baie lekker."

St Lucia Estuary, Escape From Durban

St. Lucia Safari Lodge

"Nice place for a holiday, I like it."

Leisure Bay, Escape From Durban

Peter Pan Place

"Leisure Bay is in my mening 'n baie lekker toeristebestemming. Dit is naby aan die Waterpark by die Casino en Mac Banana is net 'n wonderike plek. Daar was 'n paar dae wat daar redelik mense op die strand was maar ons het nooit gevoel dat dit te besig was nie. Ek moet sê die lewensredders was baie goed. Hulle was die hele tyd bedag en het gereeld seker gemaak die mense is waar hulle moet wees. My tiener dogter het haar voet gesny op die rotse. Dit was nie te ernstig nie maar daar was baie bloed. Hulle het die wond baie mooi skoongemaak en ek was regtig beïndruk. Ek kan regtig se ons het lekker vakansie gehou. "

Ballito, Escape From Durban

Prosperita

"Tweede jaar wat ek spesifiek oor paasnaweek soontoe gaan. En dit gaan definitef 'n gereelde instelling wees."

Umzumbe, Escape From Durban

Ridgeview Accommodation

"Rustige, lekker strand. Stil area. The Rock is 'n lekker plek om tyd te spandeer met vriende en familie. "

St Lucia Estuary, Escape From Durban

Stokkiesdraai

"Puik weens die ligging: see, natuurparke, warm seewater. En meestal Afrikaans!"

Page
Page 134 - Showing 3991 to 4020

Welcome to LekkeSlaap

Welcome back!

Reset your password?

Join our newsletter!

Create an account to manage your bookings

Log in to your LekkeSlaap account

Log in to your LekkeSlaap account linked to

Enter your email address to get started

Subscribe to receive special offers