Geverifieerde Resensie
Free State
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 7904 resensies.
"Asemrowend mooi om die dorp en die lekkerste atmosfeer in die dorp. Beslis 'n meer gereelde plekkie om te besoek."
"Verskeidenheid van plekke om te eet en kuier. Wonderlike winkels en pragtige omgewing."
"Nie veel om te doen/sien in Fouriesburg nie, dit is darem naby genoeg aan Clarens en Golden Gate. Die omgewing en natuurskoon is werklik iets om te ervaar. Die ou kerkgebou is pragtig."
"Dit is my geboortedorp en alhoewel die strate nie na wense is nie, bly dit 'n pragtige plek."
"Die bietjie wat ons gesien het, was aangenaam en mens sal graag meer van Bloemfontein wil ondervind."
"Ons het opgelet dat Clarens in die 4 jaar wat ons laas daar was tot nou toe sy rustige stil strate en restaurante verloor het."
"This is where I go when the noise of he city and everyday work life gets too much. A place to wind down, stroll around the square in the town and enjoy the curious small shops, or the many art galleries, or take a slow drive through the Golden Gate National Park and drink in the magnificent beauty of the sandstone cliffs."
"Ongeveer 10km buite Philippolis in 'n craft beer plek, Waterkloof Brewery. Heerlik gekuier met lekker "craft" bier en gin. Beslis die moeite werd om hier te stop."
"Soveel mooi. Asemrowende natuurtonele, baie om te doen. Heerlike eetplekke, oulike winkeltjies."
"Clarens is 'n lieflike dorpie om te ontspan en die buitelug en buitelewe te geniet."
"Hoopstad op sigself is nie juis 'n groot toeriste-omgewing nie, maar is binne bereik van die Bloemhof-dam, waar ek graag visvang. Die rede vir my besoek aan Hoopstad is egter eerder besoek aan familie."
"Soos baie plattelandse plekke in Suid-Afrika is die strate in 'n bedenklike toestand, maar buiten dit is daar regtig nie fout nie."