Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 7949 reviews.
"Oulike klein dorpie. Gaan jaarliks terug. Goeie restaurante. Veral TREATS Restaurant is uitstekend."
"Dis maar 'n ou plaasdorp so ek persoonlik gaan daarheen om te ontspan. Daar is nou nie juis besienswaardighede om te besigtig nie so as jy nie wil rus nie, soek eerder 'n ander plek. "
"Ons was vir 'n kursus in Bloemfontein by die UV se proefplaas, hulle het rerig baie moeite gedoen. "
"Vir ons was Parys slegs 'n oornagplek vir ons reis terug vanaf die Krugerwildtuin na die Wes-Kaap."
"Indien jy in daai omgewing reis, wees uiters versigtig en kyk uit vir die gate in die pad dit kan jou voertuig nogal sleg beskadig. Ongelukkig is daar nie veel om te doen op die dorp nie en eetplekke baie skaars."
"Baie mooi natuurskoon en netjiese dorp. Kan egter probeer om die gate in die pad te herstel."
"Die dorp het my baie weemoedig gemaak. Die armoede was baie duidelik in die woonareas en al die besighede wat toegemaak het as gevolg van Covid. Ek het heerlik gekoop vir die rede hoekom ons gegaan het maar dis definitief nie 'n vakansiedorp nie. 'n Week maksimum, is wat ek daar sal kan wees."
"Bit of a tourist trap, but nevertheless presents a lot of options for the visitor to choose from."
"Clarens has so much to offer, from arts and crafts, to the best variety of places to eat and the exploration never stops. A must for a weekend getaway."
"There is not much activity in and around Welkom besides the night scene. It would be that all the "to do" stuff is not visible enough for travellers to see or advertised enough for us to know of."
"Clarens is so 'n mooi wegwaan dorpie ingenessel in so mooie natuur. Die een ding is wat mag pla is die aanhangers wat by mens se kar en in die straat jou kom pester en jou kar probeer was sonder dat jy dit gevra het. "
"Die dorp is ongelukkig tiepies van vele dorpe in ons land. Dit is duidelik dat die munisipaliteit nie die dorp se strate onderhou nie."
"Nogal 'n interessante dorpie met vriendelike mense. Net jammer die meeste van die winkeltjies se deure is toe, dan voel mens nie om in te stap nie. Verstaanbaar ook, want geen mens kan onbepaald wag op moontlike reisigers om die dorp te besoek nie."