Geverifieerde Resensie
Vrystaat
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Vrystaat bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 7732 resensies.
"Die paaie is vol gate en baie van die paaie is grondpaaie. Verder is dit ‘n lieflike mooi dorpie."
"Harrismith is gerieflik geleë tussen Limpopo en KwaZulu-Natal, die dorp self is maar verwaarloos met teerpaaie wat vol gate is. Vir lang verblyf in die omgewing sal die berge seker beter wees."
"Pragtige dorpie met die mooiste winkeltjies, waar 'n mens jou aan kan vergaap. Die restaurante is elk karaktervol en die lekkerste disse. Vir die kreatiewe en kunssinniges 'n moet om te sien. Die staproetes is asemrowend en die vars lug het ons bedwelm."
"Altyd lekker om die dorpie te besoek! Warm gevoel van mense wat almal een ding in gemeen het naamlik gesellig kuier, heerlik eet, 'n glasie wyn of twee geniet en drentel deur die oulike winkeltjies. "
"Pragtige dorpie - ongelukkig oor gekommersialiseer vir toeriste maar ek neem aan dit is wat party toeriste graag wil hê."
"Baie gesellige dorp met heerlike eetplekke. Gee jou daardie lekker plattelandse gevoel!"
"Baie lekker, maar ongelukkig bly die winkeltjies en inhoud maar dieselfde."
"Enigste negatief is dat Clarens so klein is soos die fotos beduie en dit beteken dat as die ouens jou waarsku dat jy moet inkopies doen in Bethlehem, dan joke hulle nie. Net die bare basics beskikbaar in Clarens - wat beteken jou braai gaan teleurstel tensy jy vleis saam bring. Lekker geëet - maar die meeste winkels is bietjie duur met min om jou besig te hou na die eerste oggend se stappie."
"Goeie toeristebestemming. Restaurant op Navel Hill is fantasties en drawwers kan lekker bulte oefen."
"Ons was baie beïndruk met Clarens. Baie om te doen. Sal definitief weer gaan. "