Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 7948 reviews.
"Beautiful scenery, the best only 2.5 hours from Johannesburg. Lovely people."
"Die dorp is netjies, infrastruktuur goed. Dit lyk of die munisipaliteit goed funksioneer. 2 koffiewinkels wat toeriste trek."
"Parys is 'n heerlike dag of twee uitstappie. Oulike winkeltjies en restaurante."
"Een aand is meer as genoeg. Die kerk is baie mooi en jy moet regtig hou van geskiedenis om die dorp te geniet. Ons het dit baie geniet maar, weet nie of dit elke persoon se keuse sal wees nie. Die pad na Philippolis was ook besonders mooi en in 'n baie goeie toestand. Die mense was baie vriendelik en die dorp was baie veilig. "
"Ons het uitgesien, na aanleiding van plekke om te besoek, om die kroeg in die hotel te besoek, maar kon dit nie kry nie. Baie ryk geskiedenis en sou graag meer tyd wou spandeer om al die plekke te besoek. Daar kan gerus gekyk word om die toestand van die strate te verbeter. Ons het dit baie geniet."
"Die plaaslike restaurant was toe en ons kon nie veel van die omgewing beleef nie. Bethulie is 'n stil en rustige dorpie. Sou graag meer van die kultuur wou ervaar."
"Oulike, stil, klein dorpie. Besoek gerus die Snobs Coffee winkel as julle vroeg genoeg daar is, dis 'n awesome coffee shop! "