Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 7953 reviews.
"Baie lekker dorp met klein dorp atmosfeer en vriendelikheid maar tog groot en modern genoeg om enigeen se smaak te bevredig."
"Dit is die ideale plattelandse dorpie om deur die strate te drentel en by al die winkeltjies in te loer. 'n Paar glase wyn te drink en na al die motorfietse te kyk wat in die straat afry."
"Parys het verskillende besienswaardighede wat deur die loop van 'n dag besigtig kan word. Dit is 'n rustige, ontspannende atmosfeer."
"Die dorpie se ingang, vanaf Betelehem, is asemrowend mooi wat die natuur betref met indrukwekkende berge, 'n dam met ganse en 'n perd, wilgerbome wat jou wil insluk soos jy teen die opdraande uitry."
"Clarens in een lang straat... met 'n rivier. As jy hou van snuffel, antieke goed en kuns, net die regte plek om te besoek."
"Ons is baie lief vir Fouriesburg. Dit herinner ons aan die ou dae waar die strate alles nog stofpad was. Ons geniet die mark elke Saterdag of so. As ons kon, sou ons eendag graag 'n klein stukkie grond hier wou besit. "
"Heeltemal te veel om te sien en te doen vir net 'n naweek so verseker sal ons gou weer 'n draai daar gaan maak. Die mense is vriendelik, atmosfeer fantasties. Think I'm in love with Clarens ;)"
"Ons besoek Clarens ten minste een keer 'n jaar. Die omgewing is asemrowend mooi."
"Clarens is 'n wonderlike dorpie met al die kunsgalerye en wonderlike restaurantjies. Die Clarens Brewery is vir seker 'n moet op mens se "Te doen" lysie. Sal vir seker weer teruggaan."