Geverifieerde Resensie

Garden Route

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Garden Route bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 9657 resensies.

Joubertina, Tuinroete

@ R62 Langklip Estate Game Farm

"Ons was nou nie baie in die dorp self nie, maar dit is 'n pragtige plek."

Groot-Brakrivier, Tuinroete

At 29 Columba

"Groot Brakrivier is baie mooi met die rivier en die see. Baie min winkels en vermaak vir jong mense. George en Mosselbaai is gelukkig naby. Sal eerder by een van hulle vakansie hou."

Knysna, Tuinroete

Brenton Beach House

"Pragtig, maar baie besig tydens hoogseisoen."

Stilbaai, Tuinroete

Vermaak-Likheid Garden Cottage

"Wonderlike plek, maar ongelukkig is die plek bestrooi met stompies by elke bankie waar jy wil gaan sit om na uitsig te kyk. Dit is hondevriendelik, maar ongelukkig moet jy mooi kyk waar jy loop anders trap jy in poef en oor Nuwejaar gee niemand om oor honde nie - die vuurwerke gaan mal."

Groot-Brakrivier, Tuinroete

Wolwedans Guest Manor

"Groot Brakrivier, die beste plek ooit, die beste ligging en jy kan orals heen loop."

Oudtshoorn, Tuinroete

Oppi Dam

"Pragtige dorp met vriendelike mense en pragtige ou geboue."

Sedgefield, Tuinroete

Estuary Breeze

"Baie lekker. Goeie swemstrand, naby George en Knysna."

Oudtshoorn, Tuinroete

Mount Noah Lodge

"Oulike dorpie met baie om te doen."

Nature's Valley, Tuinroete

Huis Natures Valley

""Nature's Valley" is presies wat die naam vir jou sê: beeldskone natuur wat weggesteek is van al die stadsgeraas. Die see, lagoon, wandelpaaie, kanovaart, visvang, natuurskoon met asemrowende uitsigte, als is daar. Dit is vêr genoeg vanaf al die 'har-war' van die besige dorpe, maar naby genoeg om gou dorp toe te ry indien mens iets benodig. Daar is 'n winkeltjie en restaurant met die mees basiese benodighede op die dorpie self, asook ander eet en kuier plekkies in die nabyheid. Hierdie is beslis nie die plek vir die persoon wat van die stadslewe, winkelsentrums en kuierplekke hou nie, dit is presies die teenoorgestelde: natuurskoon, rustigheid, familietyd, rustyd ... hier kan 'n mens die Skepper se handewerk beleef."

Nature's Valley, Tuinroete

Kamma-Otter

"Fabulous quiet area with excellent beaches and plenty to do."

Oudtshoorn, Tuinroete

Grysbok Self-catering Country House

"Baie interessante dorp met gawe mense. Net baie warm."

Stilbaai, Tuinroete

Myrtle's Retreat

"Dit was ons eerste keer in Stilbaai en Stilbaai sal ons definitief weer sien!"

Albertinia, Tuinroete

Albertinia Hotel

"Ek het Albertinia as 'n oornagplek gebruik."

Nature's Valley, Tuinroete

The Wood B&B

"Mees ontspannende plek op aarde."

Riversdal, Tuinroete

Deo Volente

"Baie mooi en gerieflik naby Stilbaai, Jongensfontein, ens."

Heatherlands, Tuinroete

Avo&Oak Guesthouse

"Pragtige boomryke omgewing. Rustige buurt. Dit is 'n entjie weg van die winkels en die see."

Pinnacle Point, Tuinroete

Pinnacle Point - Golf Safari SA

"Definitief 'n moet om die plek en sy uitsig te sien!"

Knysna, Tuinroete

Blackwaters River Lodge

"Die verkeersvloei is natuurlik 'n kopseer. "

Witsand, Tuinroete

Barnacles

"Witsand is 'n pragtige plek en ek het absoluut my hart daar verloor. Ek beveel dit sterk aan."

Wildernis, Tuinroete

Old Post Office Lodge

"Very beautiful place, the people are very friendly and the beach was excellent."

Wildernis, Tuinroete

Fairy Knowe Hotel

"Veilig met sekuriteitskameras. Die plek om te bly op die Tuinroete."

Wildernis, Tuinroete

Old Post Office Lodge

"Wonderlike rustige deel van die Oos-Kaap. Die weer was fantasties en die omgewing baie mooi. George is net om die draai en so is daar ook baie ander besienswaardighede."

George, Tuinroete

Oakhurst Hotel

"Baie lekker in museums rondgeloop en by die kersmark."

Mosselbaai, Tuinroete

Eden Eco Cottages

"Teenagers love Mossel Bay. There is so much to do and all the friends are there!"

Santosbaai, Tuinroete

Aquamarine Guest House

"Heerlik en skoon. Verseker 'n rustige vakansiebestemming. Sal verseker weer gaan."

Hartenbos, Tuinroete

Goedgenoeg

"Fantastiese bestemming vir my as Afrikaner. Die ver ry vanaf Limpopo was deur en deur die moeite werd. "

Sedgefield, Tuinroete

Forestview Guesthouse

"As jy in Sedgefield vakansie hou moet jy na die naburige dorpe ry vir vermaak."

Tuinroete

Eagle's Nest

"Pragtige omgewing met baie besienswaardighede en lekker koffie en eetplekkies. "

Blad
Blad 295 - Wys 8821 tot 8850
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang