Verified Reviews
Garden Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Garden Route
Rated 4.7 out of 5 based on 9657 reviews.
"The weather isn't great during winter, but it's a beautiful town with a lot of attractions and activities available."
"Tweeriviere is 'n wonderlike rustige plek. So 'n regte plattelandse gehuggie. Wonderlike atmosfeer."
"Die dorp is nie meer so veilig soos vroeër jare nie. Daar is baie bedelaars en die strate in die middedorp is vuil met baie "potholes" wat dringend aandag benodig."
"Oor jare heen 'n besoeker aan die dorp. Daar is definitiewe agteruitgang in die dorp, die CBD is gereeld vol rommel en baie van die strate is in 'n toestand. Baie lief vir die dorp, en as dit nie vir die warm somers was nie sou ek nie omgee om daar te woon nie."
"Ons was nie baie beïndruk met Oudtshoorn nie. Strate en dorp verwaarloos en die dorp was vuil van vullis. Die rede vir ons besoek was om Kango Grotte toe te gaan."
"Heerlike vakansieverblyf en baie om te sien en te doen, asook goeie verblyf om die omgewing met sy baie dorpies en oorde te verken."
"Mosselbaai, Hartenbos en omgewing brei geweldig uit en daar sal voorsiening gemaak moet word vir groter inkopiesentrums. Langeberg Mall gaan nie die hele gemeenskap kan akkommodeer nie."
"Joubertina is mooi skoon en voel veilig, maar nie daar is nie veel om te sien of te doen nie."
"Ons bly in Mosselbaai wat baie naby aan Wildernis is, maar ons was aangenaam verras met die toeriste-atmosfeer wat in die dorpie heers. Heerlike restaurante en kuierplekke. Die "mark" agter Tops is 'n moet om by te woon."