Geverifieerde Resensie
Gauteng
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Gauteng bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 3143 resensies.
"Die verkeer in Johannesburg is nogal skrikwekkend, veral gesien in die lig daarvan dat die verkeersligte by al die hoofkruisings buite werking was a.g.v. beurtkrag."
"Covid had caused several interruptions in businesses and attractions but these are opening up."
"Pretoria is nie nuut vir my nie, dit is nog altyd 'n baie mooi stad met baie baie om te doen vir besoekers."
"Pretoria is 'n baie gemaklike stad. Daar is ook baie om te sien. Ek het daar gewoon toe ek studeer het. Dit is 'n stad wat voel soos 'n dorp."
"As jy klaar gemall, gecasino, geëet, gedrink, geGautrain en geCity Sightseeing (rooi topless bus) het, wat bly oor? Toeriste-attraksie doen hul uiterste bes vir veiligheid - dankie. JHB is maar 'n boring plek."
"Verkeer het gevloei na die plek en terug. Het nie te veel ophoud gehad nie."
"Love the sounds of the lions in the very early hours, they are so well looked after, the area is clean, animals are healthy and so clean."
"Ons is gewoond aan Pretoria, maar soms kan Jakarandas in blomtyd jou asem wegslaan, goeie winkelsentrums vir besoekers, genoeg vermaaklikheid, teater, Botaniese tuine. Goeie toerismebestemming."
"Dinokeng bly een van die beste, nabygelëe plekke om wild in hulle natuurlike habitat te sien. Ons sal beslis weer 'n draai maak!"
"Our game drive was fabulous. We saw so many animals! Just loved the whole experience!"
"Ons moet soms stad toe kom en Pretoria is die beste vanaf Thabazimbi."
"Die wild was maar effe skaars in die reservaat self. Blykbaar is baie van die wild aan die Noordekant van die hoofpad, en daar is egter nie regtig publieke paaie wat mens kan ry aan die Noordekant nie. Vir 'n naweek weg of kort rukkie, kan ek dit egter beslis aanbeveel aangesien dit so naby aan Pretoria en Johannesburg is. As jy egter 'n groot diereliefheber is, dink ek Pilansbergreservaat is beter, maar die koste is natuurlik baie meer daar, plekke minder, en dit is heelwat verder om te ry vir 'n naweek of kort tydjie."
"Ons het vir jare in Johannesburg gebly en bly nou in die Oos-Kaap. Die enigste rede hoekom ons Jhb toe kom, is om by ons familie te kom kuier."