Verified Reviews
Graaff-Reinet
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Graaff-Reinet
Rated 4.5 out of 5 based on 1833 reviews.
"Ons het maar 'n kort tydjie in Graaff-Reinet kon spandeer en kon dus nie wyd verken nie. Ons kon wel inpas om na die Vallei van Verlatenheid te gaan. Dit is werklik 'n moet sien en ervaar. Die Nasionale Park se personeel was ook aangenaam en behulpsaam."
"Somersetstraat brei meer en meer uit, en dis baie oulik. Ek voel bietjie onveilig hierdie jaar, wat jammer is, want ek is baie lief vir die klein plekkie."
"Ons was hartseer om die rommel te sien toe ons die dorp binnegaan en ook die rommel rondom die Vryheidsstandbeeld. Die mense van Graaff-Reinet is baie vriendelik en gasvry en het ons graag gehelp en van inligting voorsien."
"Dit word maar net weer bevestig dat dit die juweel van die Karoo is en sal bly."
"Ons besoek Graaff-Reinet hoofsaaklik om plante te koop by Obesa kwekery. Het al hulle besienswaardighede gesien en dis 'n pragtige dorpie. Sal wees soontoe gaan."
"Maak seker om die Vallei van Verlatenheid te besoek. Die toegang van R39 per persoon (gratis met Wildcard) is verbind aan verbeterde geriewe en instandhouding. Trek stapskoene of ten minste plat skoene aan. Die mooiste dele is 'n paar minute se stap."
"Verrassend om in so skoon dorp in te ry. Die restaurante is ook 'n groot pluspunt."
"Beautiful town with many historic buildings and museums. The nearby Camdeboo National Park is a real gem."
"Graaff-Reinet is 'n lieflike dorpie met heerlike restaurante wat ek enige tyd sal aanbeveel."
"As jy opsoek is na geskiedenis, natuur en lekker, oulike inkopies by deli’s en antieke ware is hierdie die plek. Die restaurante kan kompeteer met dié in die stad. Maak gerus 'n draai by die brouery!"