Verified Reviews
Great Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Great Karoo
Rated 4.3 out of 5 based on 2673 reviews.
"Prins Albert is 'n plek waar 'n mens dae lank kan kuier by al die eetplekke en winkeltjies."
"Dit is altyd lekker om in Beaufort-Wes oor te slaap en daar is baie om te doen indien jy tyd het."
"Die dorp is definitief baie skoner as toe ons in 2019 daar deurgery het. Strate is skoon, min bedelaars op straat (hoop hulle het vir hulle skuilings gereël). Sal graag volgende keer bietjie langer wil bly en weer die dorp deurkruis en by die museum aangaan en 'n paar van die nuwe restaurante wil probeer. Daar was beslis effense vooruitgang die afgelope 2 jaar in die dorp."
"Die dorp het al ons verwagtinge oortref met kuierplekke, besonderse kunsgalerye en gawe inwoners."
"'n Pragtige, landelike dorpie met sy eiesoortige boustyl. Ons het heerlik uitgeëet by The Rude Chef."
"Beaufort-Wes in opsig self is nie 'n fantastiese toerismebestemming nie. Die dorp is duidelik onder swak munisipale bestuur. Baie boemelaars en hawelose mense op straat wat lastig is. Daar is wel uitstekende gastehuise en oornagplekke wat handig is vir 'n lang reis Kaap toe."
"Pragtige dorpie. Vriendelike mense en die rustigheid wat net die platteland kan bied."
"Ons gaan so gereeld as wat ons dit kan bekostig, daarheen. Karoo op sy beste."
"Quaint village, great fresh produce at farmers market Saturday morning, lovely art and crafts in town, beautiful open Karoo landscape!"
"'n Heerlike rusplek met soveel te sien en te doen. Meer as wat ons verwag het. Ons moes eintlik nog 2 dae ekstra gebly het."
"Ken dit nie. Net vir my 'n baie goeie oorslaapplek met my terugkoms na Kaap vanaf Gauteng."
"Oulike dorpie om oor te slaap op pad Kaap toe, die slaghuis was nice vir Karootjoppies."
"Die klassieke hotel en moderne ginkroeg asook die mooi huise in die omgewing, berge ens., maak dit 'n goeie bestemming vir 'n paar dae om ouwêreldse rustigheid te kom ervaar."
"Beaufort West was not a destination, simply a stopover, but Lemoenfontein made it worth the while. Look forward to returning in future during our travels."
"Pragtige plek met vriendelike mense. Wil weer gaan en volgende keer langer bly!"