Verified Reviews
Great Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Great Karoo
Rated 4.3 out of 5 based on 2673 reviews.
"By 'n vorige geleentheid het ons die historiese toer per donkiekar gedoen wat een van die beste dinge was tydens ons vakansie. Iets wat ons definitief kan aanbeveel."
"Dis lekker om te sien hoe mense sukses maak van ou plekkies met 'n heel moderne gevoel en gerief. Inspirerend."
"Ek sou nie sê 'n toeristebestemming nie, maar wel 'n fantastiese blyplek of oornagbestemming. Die dorp is baie netjies en 'n mens voel sommer tuis daar."
"Dit sal lekker wees as winkels en galerye bietjie later oop kan wees veral op 'n Vrydag wanneer so baie mense die dorpie besoek. Dankie dat alle besighede werklik moeite doen (veral die restaurante) om gedurende die kragonderbreking oop te wees en dat mens steeds heerlik kon gaan uiteet."
"Mees pragtigste dorpie, so skoon met sulke oulike restaurante en winkeltjies. Probeer gerus 'n ete by die Swartberg Hotel en lekkerste melktert by Lazy Lizard. Sien ons beslis weer"
"Die mense in Beaufort-Wes maak die dorp nog meer spesiaal. Almal is vriendelik en ongelooflik behulpsaam! 4 Sheep is 'n moet-stop vir heerlike ete en oulike winkel waar jy van lekkerny tot skaapkoppe kan aanskou! Joe's Diner by die Savoy neem mens terug na die ou dae en Donkin Deli se ontbyt is hoogs aan te beveel. Beaufort-Wes is ALTYD 'n hoogtepunt op ons reis van die Kaap na die binneland en terug!"
"Ons het Beaufort-Wes besoek omdat ek daar grootgeword het. Ek was geskok dat die middedorp so verval het. Misdaad is aan die orde van die dag! Die omgewing waar ons tuisgegaan het was egter goed versorg en ons het daar veilig gevoel! Die Karoo in die groot geheel het nie sy bekoring verloor nie! Ek sien uit na ons volgende besoek!"
"Beslis 'n toeristebesoek werd. Gasvryheid oral waar ons aandoen en altyd 'n welkome stilhou-bestemming. Die ideale stop vanaf of op pad Kaap toe."
"Pragtige dorpie vir 'n wegbreek naweek. Daar is werklik iets vir almal om te doen. Ons het veral die "ghost walk" baie geniet."