Geverifieerde Resensie
Great Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Great Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 2673 resensies.
"Die dorpie is baie besig met al die trokke en verkeer in die hoofstraat wat deur die nag 'n geraas veroorsaak. As jy wil oornag en wil rus beveel ek aan dat jy blyplek soek ver weg van die hoofstraat."
"Die Karoo Park is beslis die hoogtepunt van enige kuier in Beaufort Wes. Die Karoo Deli was ook goeie waarde vir geld."
"Prins Albert is een van ons gunsteling plekke in die Karoo. Die dorp is so rustig en die mense is baie vriendelik."
"Die ou geboue is 'n belewenis en ek beveel die Chris Barnard-museum sterk aan. Die ou kerkgeboue is absoluut pragtig. Baie vriendelike mense en die kos by 4Sheep is absoluut fantasties - hulle lamkerrie is 'n moet."
"Baie oulike dorp. Geniet die eetplekkie 4Sheep - hulle kos is heerlik."
"Beaufort-Wes self is nie 'n baie skoon dorp nie. Ek glo wel die omliggende plekke behoort die moeite werd te wees om te besoek."
"Pragtige dorp! Fantastiese eetplek by Karushi - bekostigbaar, wye verskeidenheid (ook vir vegetariërs) en baie smaakvol voorberei."
"Die Swartbergpas na Oudshoorn is baie aanskoulik, veral in die voormiddag voor dit warm raak."
"Vir diegene wat van afval hou, kan dit geniet word in die koffiewinkel by die hotel."
"Pragtige, skoon dorpie. Dis regtig 'n juweel in die Karoo en 'n moet om te besoek. Om deur die Swartbergpas te reis was een van my beste ervarings ooit."
"Prince Albert en die Swartbergpas is werklik 'n moet-sien. So ook die nabygeleë Meiringspoort. Reisigers na Suid-Kaap vanaf Gauteng kan gerus die N12 vanaf Beaufort-Wes neem en die baie besige N1 vermy. Prince Albert is dan die ideale oornagplek, en jy kan dan maklik by die Kango-grotte aandoen nadat jy die Swartbergpas oorgesteek het en honderde foto's geneem het."
"Op pad Kaap toe ry ons nooit Prins Albert mis nie, dit is die moeite werd om daardie paar kilometer van die N1 af te draai. Beplan jou reis so om daar te oornag. Dit bied jou die opsie om verder met die N1 Kaap toe te ry of na Hartenbos via Meiringspoort of oor die Swartbergpas."
"Die deli se kos en diens is uitstekend ... plattelandse gasvryheid bestaan nog! Selfs die diens by die vulstasie is met 'n glimlag gelewer!"
"Ons het slegs oorgeslaap op pad na ons vakansiebestemming by die see. Die dorpie is baie netjies en skoon en die geboue skep so 'n "kom kuier weer"-gevoel by 'n mens."