Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Great Karoo

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Great Karoo bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 3446 resensies.

Prins Albert, Groot-Karoo

Wolvekraal Guest Farm

"Prins Albert is 'n baie mooi dorpie. Ons was ongelukkig nie betyds vir die Saterdagoggend mark nie, sou dit graag wou beleef. Die omgewing met sy berge het 'n groot bekoring! Ek sou toegang tot die Kokkedoorstoor wou gehad het, om bietjie daar te kan rondkyk!"

Prins Albert, Groot-Karoo

Vine Cottage

"The best tourist attraction: Swartberg pass is currently closed so access to Die Hel is not possible. Food at the Hotel of the highest quality."

Beaufort-Wes, Groot-Karoo

Casablanca B&B

"Baie goeie oornag vir reisigers."

Beaufort-Wes, Groot-Karoo

Grandma's Place

"Beaufort-Wes is pragtig, ek sal weer gaan."

Beaufort-Wes, Groot-Karoo

X Ventures

"Die diens van sekere kafees in die hoofstraat laat veel te wense oor. Diens in die Karoo Park is uitstekend."

Beaufort-Wes, Groot-Karoo

Die Kussinkie

"Lekker halfweg na die Kaapstad."

Beaufort-Wes, Groot-Karoo

Die Kussinkie

"Dorpie se geboue word mooi instand gehou. Skoon plek."

Groot-Karoo

The Vale Karoo Farm

"Pragtige, ongerepte wêreld."

Klaarstroom, Groot-Karoo

Klaarstroom Hotel

"'n Baie rustige plekkie waar 'n mens kan uitrus en die lug mooi skoon is."

Beaufort-Wes, Groot-Karoo

Die Windpomp Guesthouse

"Goeie oornagbestemming. Heerlike etes by 4 Sheep Restaurant."

Prins Albert, Groot-Karoo

Brakdakkie Guest Cottages

"Ek kom jaarliks kuier. Dit sê alles."

Prins Albert, Groot-Karoo

Aandrus

"Spandeer te minste 2 tot 3 dae in die dorp. Daar is baie om te sien, proe en doen."

Prins Albert, Groot-Karoo

Ta Mala's Self-Catering Cottages

"Wonderlike gasvrye mense en is die restaurante van 'n hoë standaard."

Prins Albert, Groot-Karoo

By-Die-Koppie Guesthouse

"Dit is die mooiste dorpie in die Wes-Kaap! Die huise is goed versorg, en al die mense is vriendelik en werk saam. Die hoeveelheid projekte wat uit die gemeenskap gaan om armoede te verlig en mense te bemagtig, is so positief."

Prins Albert, Groot-Karoo

Aloe Guest House

"Sal net langer wil bly om al die winkels en galerye te besigtig, want hulle was almal klaar toe, toe ons daar aankom op 'n Saterdagmiddag en bitter min was oop op die Sondagoggend. "

Beaufort-Wes, Groot-Karoo

Wagon Wheel Country Lodge

"Baie interessante besienswaardighede, 'n dorpie wat ryk is aan geskiedkundige besienswaardighede."

Prins Albert, Groot-Karoo

Aloe Guest House

"Ongelooflik mooi, skoon en rustig!"

Prins Albert, Groot-Karoo

Huis Adriaann

"'n Dorp met oulike eetplekke, pragtige huise met 'n Karoo- en Victoriaanse boustyl, 'n veeltal kunsgalerye en die mooiste sonsondergange."

Prins Albert, Groot-Karoo

Brakdakkie Guest Cottages

"Die Ghost walk was fantasties. Net jammer besienswaardighede maak al 13:00 toe of is soms glad nie oop nie."

Prins Albert, Groot-Karoo

The French Cottage

"Probeer gerus die kaasproe by Guy's Guernsey Dairy in Kerkstraat. "

Beaufort-Wes, Groot-Karoo

Little Lamb - currently being sold

"Oulike klein gemeenskappie. As dit nie sover van Pretoria af was nie sou ek graag vir n lang naweek soontoe wou wegbreek, weg van stadsgewoel."

Prins Albert, Groot-Karoo

Travellers Rest

"Other accommodation rather unnecessarily expensive. Fransie Pienaar Museum and Gay's Guernsy Dairy excellent. Greatly anticipating the opening of Swartberg Pass."

Beaufort-Wes, Groot-Karoo

Pepper Tree Accommodation

"Daar is so baie om te sien en doen. Ons het die Karoo Wildreservaat besoek, Chris Barnard se huis en sy pa se kerk, die township se kerkies, die Arts en Science sentrum en die sentrum vir gestremdes. Die weer was aangenaam. Mens kan ook met 'n donkie kar op toer gaan. Ons het nou nie daarby uitgekom nie."

Beaufort-Wes, Groot-Karoo

Aandblom Guesthouse

"My familie bly daar, maar het geen begeerte om daar te bly nie. Baie lekker in die suidpunt van Afrika."

Prins Albert, Groot-Karoo

Huis Adriaann

"Prins Albert is a pragtige, skoon, veilige dorp met 'n gesellige atmosfeer wat ons graag weer sal wil besoek. "

Beaufort-Wes, Groot-Karoo

Olijvenhuis

"Verras om so skoon dorp te sien. Gaan meer tyd in dié dorp spandeer. Karoovleis 'n absolute wenner."

Prins Albert, Groot-Karoo

Brakdakkie Guest Cottages

"Ons was terleurgesteld met die Hotel se diens. Kos bestelling nie reg uitgevoer nie, nie gekry waarvoor ons gevra het nie. Niemand ons kom vra of ons nog iets nodig het nie, so was nogal teleurstellend. By Lizzies koffie gedrink wat baie lekker was asook die diens."

Beaufort-Wes, Groot-Karoo

Bakgat Blyplek

"Pragtige Karoodorp en ons het die omgewing vreeslik geniet."

Beaufort-Wes, Groot-Karoo

Steenbokkie Nature Reserve

"Beaufort-Wes is 'n baie besige dorp maar rondom is daar 'n paar pragtige wildsplase wat heerlik is om by te kuier. Karoo stilte op sy beste!"

Blad
Blad 90 - Wys 2671 tot 2700
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem