Verified Reviews
Great Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Great Karoo
Rated 4.3 out of 5 based on 2673 reviews.
"Die Karoo Deli aan die oorkant van Youngs Halfway House is definitief 'n besoek werd. Die tipe braai-opset was 'n eerste vir ons. Werklik genotvol."
"Ons is oortuig daarvan dat die dorpie wel ryk is aan geskiedenis en kulturele skatte, maar daar is ook 'n steurende kommersiële invloed. Ons het die indruk gekry dat die oorspronklike karakter van die dorp verbloem word deur 'n oor-entoesiastiese toeriste-fokus. Dit wil voorkom asof die dorpie 'n naweek-dorpie geword het vir kunstenaars en stadsvlugtelinge. Soos 'n toenemende aantal dorpe in ons platteland word Pince Albert amper 'n spookdorpie in die week."
"Die dorp Prins Albert het ons baie beïndruk. Ek dink hier word ongelooflik baie gedoen vir die mense van die gemeenskap. Swartbergpas 'n moet vir die besoeker asook 'n besoek aan "Die Hel". Wow!"
"Een van ons gunsteling dorpe. Soveel atmosfeer, pragtige ou geboue, ens. Ons het 'n vertoning in die nuwe Art Deco-teater bygewoon en was beïndruk met die pragtige teater. 'n Groot aanwins vir Prins Albert."
"Good stop over point on the drive from Johannesburg to Cape Town if you would prefer to do 2/3rds of the drive on the first day. Plenty of petrol stations to fill up and buy snacks at. A small shopping mall for any other purchases. Enjoyed our stop-over, but wouldn't recommend it as a free-standing tourist destination as there's not too much to do."
"A place full of history and interesting places to visit. We were impressed!"
"I cannot comment here as we just stayed overnight and drove through the next morning on our way to Cape Town. I am sure it is a lovely town."
"Oulike en interessante dorp. Ons het net gevind dat produkte, soos bv. konfyt, baie duur is om te koop. "
"When you're in Prince Albert, go see a movie at The Showroom; it's a fully renovated art nouveau style cinema."
"Dis 'n baie ou dorp met pragtige historiese geboue. Die Karoo Nasionale Park is ook 'n besoek werd. Die berge noord van die dorp is mooi."