Verified Reviews
Greyton
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Greyton
Rated 4.7 out of 5 based on 657 reviews.
"Greyton is 'n baie oulike klein dorpie met wonderlike oulike klein plekkies. Sal aanbeveel om die markie se pasteie en vars gebakte broode te probeer. Die magiese groot blou berge is iets om te besigtig, veral in winter mag jy dalk sneeu raaksien."
"Die rustigheid self. Restaurante puik, mense vriendelik en die berge teen jou. Sal in die lente en somer die staproetes meer wil verken."
"Die grondpad na Greyton was vir ons bietjie sleg en dit het baie lank gevoel, maar die dorpie is warm en oulik. Daar is meer as genoeg eetplekkies en lekker koffie. As jy kom vir die dorpie sal ek sê bly in Greyton self, nie buite die dorp nie!"
"Oulike dorpie, ons kon wel nie veel sien met al die reën nie. Die paaie is meestal grondpad en baie verspoel met aanhoudende reën in winter."
"Websites are outdated and some of the places don't exist anymore."
"We came for The Classics for All and thoroughly enjoyed the concerts. Greyton is a beautiful country village. The Saturday Market is great."
"Greyton is 'n bestemming wat jy eenvoudig moet kom geniet. Die skoonheid van die natuur en karakter van die dorp is besonders!"
"Daar is 'n paar baie oulike restaurante en winkels in die dorp. Van die meer "local" plekke, soos Old Potter's Inn en The Central, was super bekostigbaar en baie lekker om by te kuier. Ek was nie so ge-wow deur die ander restaurante waar ons geëet het nie. Van die plekke (waar ons op resensie-aanbeveling gaan eet het) was nogals duur en die kos was vir ons groep bietjie "underwhelming". Baie oulik dat die perde die dorp vol stap."