Geverifieerde Resensie
Greyton
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Greyton bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 359 resensies.
"Very quaint and safe dorpie with friendly people and most welcoming. Will definitely be back."
"Miskien bevooroordeeld, maar dit moet die mooiste dorp wees in die Overberg vir ons. Abby Rose is definitief 'n moet. Uitstekende kos en gasvryheid. Die wilde perde is 'n plus vir die dorp."
"Greyton is pragtig. Die Saterdagmark is baie nice. Daar is deesdae meer restaurante en minder kunsgallerye. Oulike plek."
"Greyton is socially great to visit and if you are into hiking and walking it is super. Enjoyed the rural feel and friendliness of all we met. Good food and the best ever focaccia at the Old Potters Inn Brewery."
"Heerlike restaurante en oulike winkeltjies. Dorp is baie skoon en mense is vriendelik."
"It's a very pretty and quaint place and idea for a weekend getaway. There are lovely hikes in the surrounding areas, some good restaurants and a farmers market on a Saturday."
"Great small town, lots to do and explore. Everyone is so friendly, very tourism-orientated."
"Greyton has always been a family favourite destination. Love the area. Will always come back"
"Dis 'n pragtige dorpie met oulike winkeltjies. Ons was wel in die week daar en op 'n Dinsdag. Baie van die winkels en restaurante was toe en die wat wel oop was het al rondom 3:30 of 4uur gesluit."
"Was ons eerste besoek aan Greyton, maar vir seker nie die laaste nie. Heerlike restaurante! Die OK is klein maar het genoeg voorraad, net sekere produkte was verskriklik duur. Ons het alles gelove van ons ingery het by die dorp, deur die grond straatjies, die wilde perde tot ons weer uitgery het. Ons het egter net 'n probleem gehad met die auto banke - loadshedding, stel dus voor besoekers neem genoeg kontant saam vir as jy iets kontant wil betaal."
"Ons eerste keer in Greyton en wat 'n aangename verrassing. Ons het ons gate uit geniet by die straattafeltjies van Old Potter's Inn & Brewhouse en die 1854 Restaurant. Dit was so lekker om net daar te sit en te kyk na almal wat verbykom en hoe die lewe in Greyton gebeur, tesame met die mooi musiek van plaaslike en ingevoerde talent wat ons vermaak het. Die ete en Cabaret Show by Abbey Rouge Restaurant & Theatre was ook 'n hoogtepunt. Ons het selfs die Oyster Shots (met 'n vars oester daarin) op die stoep by The Central Pub probeer en was aangenaam verras met die lekker smaak daarvan. Ons kan ook Via's Restaurant en Deli se ontbyt en koffie hoog aanbeveel. "Never a dull moment here". Greyton sal ons verseker weer sien!"
"Mooi landelike dorp met 'n baie rustige atmosfeer. Nie verniet dorp van die jaar gewees nie."
"Greyton is well known to us as we have had family who used to live there. Good hiking and other attractions nearby."
"Lovely, idyllic, historic and quaint little village with a beautiful mountain backdrop, lots of meadows and horses, stunning thatch houses and rambling gardens, a great place for walking, eating and cosy pubs."
"Ons eerste besoek aan Greyton was heuglik en beslis nie ons laaste nie. Die natuurskoon komplimenteer die vriendelikheid en hulpvaardigheid waarmee besoekers ontvang word. Dankie aan die persoon by die petrolstasie wat 'n entoesiastiese dog onvoorbereide bergfietsryer uitgehelp het met 'n valve adapter om 'n wiel te pomp. Dankie aan die natuurbewaarder by die reservaat vir sy insig en interessante gesels. Dankie vir die gemak waarmee dinge gevind kan word. Dit is die klein dinge wat mens dankbaar maak!"